Charlie Hebdo-terreurbroers neem gyselaar

Chérif en Said Kouachi, die verdagtes in die terreuraanval op die Franse koerant, Charlie Hebdo

Chérif en Said Kouachi, die verdagtes in die terreuraanval op die Franse koerant, Charlie Hebdo

Die twee hoofverdagtes vir die terreuraanval op die satiriese koerant Charlie Hebdo, het na berig word ‘n gyselaar geneem.

Dit volg vermoedelik na ’n jaagtog nadat Chérif en Said Kouachi blykbaar ’n motor gesteel het om weg te kom.

Hulle is in die dorp Dammartin-en-Goële vasgekeer waar hulle ’n gyselaar in ’n sake-onderneming aanhou. Dit is ’n hanetreetjie van die lughawe Charles de Gaulle. Die lugverkeer word so beheer dat nie oor die dorp gevlieg word nie.

Die polisie is in gesprek met die verdagtes.

Bron: Trouw, The Guardian, SFG

Lees alle vorige berigte oor Charlie Hebdo op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Neels ·

Alles in die naam van geloof, geloof wat veronderstel is om vrede te bring…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.