Chauvin gevonnis vir moord op George Floyd

Derek Chauvin hoor sy lot. (Foto: Skergreep van uitgesaaide vonnisoplegging/AFP)

Die voormalige Amerikaanse polisiebeampte Derek Chauvin is Vrydag tot 22 en ʼn half jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op George Floyd.

Dít nadat die aanklaer in die saak aangevoer het dat Chauvin 30 jaar tronkstraf behoort te kry.

“Die vonnis is gegrond op jou misbruik van ʼn posisie van vertroue en gesag sowel as die spesifieke wreedheid teenoor George Floyd,” het regter Peter Cahill tydens die vonnisoplegging in ’n hof in Minneapolis gesê.

Chauvin is in April vanjaar skuldig bevind op al drie aanklagte teen hom: moord in die tweede en derde graad én manslag.

Maroela Media het vroeër berig Floyd is in Mei in Minneapolis dood nadat Chauvin langer as nege minute met sy knie op ʼn geboeide Floyd, wat op die grond gelê het, se nek gedruk het. Beeldmateriaal van die voorval het ʼn vlaag Black Lives Matter-veldtogte teen beweerde polisiewreedheid en rassediskriminasie in die VSA tot gevolg gehad.

“Ek wil my medelye met die Floyd-familie betuig,” het Chauvin gister voor die vonnisoplegging in die hof gesê nadat hy tydens sy verhoor van ses weke lank nie wou getuig nie.

“Weens ʼn paar addisionele regsaangeleenthede kan ek nie op die oomblik ʼn volledige, formele verklaring lewer nie. Daar sal in die toekoms nog ander inligting uitkom wat van belang sal wees en ek hoop dat dit julle gemoedsrus sal gee,” het Chauvin gesê.

Betogers in Minneapolis ná die vonnisoplegging. (Foto: Brandon Bell / GETTY IMAGES NORTH AMERICA / Getty Images via AFP)

Die Floyd-familie se regsverteenwoordiger het intussen die vonnisoplegging as ʼn “geskiedkundige” stap in die rigting van rasseversoening in die VSA bestempel.

Honderde mense het Vrydag naby die hofgebou saamgedrom waarvan baie van mening was dat Chauvin 30 of 40 jaar tronkstraf opgelê moes word.

Die Minnesota-wet maak in die geval van Chauvin voorsiening vir ‘n minimum vonnis van 12 en ’n half jaar tronkstraf maar ’n emosionele Terrence Floyd, George se broer, het aan die hof gesê Cahill moet Chauvin die strengste moontlike vonnis oplê.

Pres. Joe Biden het intussen gesê hoewel hy nie kennis dra van al die omstandighede wat voor die vonnisoplegging oorweeg is nie, kom Cahill se vonnis van Chauvin ingevolge die nodige riglyne van pas voor.

Cahill het gesê dat sy vonnis “nie gegrond is op emosie of simpatie nie”, maar die wet. ’n Aantal verswarende omstandighede wat ʼn swaarder straf meebring is in Cahill se vonnisoplegging van 22 bladsye geïdentifiseer.

Dit sluit in dat Chauvin se oortreding voor minderjariges gepleeg is en dat hy die misdaad as ʼn groep gepleeg het met die aktiewe deelname van minstens drie ander polisiebeamptes.

Dié polisiebeamptes se verhoor begin in Maart volgende jaar. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle aandadig in Floyd se moord was.

Op grond van goeie gedrag sou Chauvin net twee derdes van sy vonnis kon uitdien voordat hy moontlik onder toesig vrygelaat kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

agnes ·

Dit is baie erg dat hy 221/2 jaar moet sit. Die vermoorde was n druggie en moeilikheidmaker. Dis onredelijk dat die Polisie so swaar bestraf word

Tanniepetoors ·

So dit gee hom die reg om ‘n ongewapende mens stadig te verwurg/dood te martel? Nee, honderd maal nee.

Andre ·

Hy het blykbaar reeds oordosis fentyl gehad, selfs sonder die polisie was sy lewenverwagting baie effens. Die saak sal nog vêr pad in die howe loop.

Driekus ·

As mens die video gekyk het waar hulle hom ge arresteer het dan was mooi praat die laaste opsie. Die man het soos ‘n besetene tekere gegaan en die polisie manne kan net sowel gevoel het dat hulle lewens ook in gevaar was op daardie oomblik. As hy saam met die gereg gewerk het soos wat almal moet dan sou dinge heel waarskynlik ‘n ander resultaat gehad het.

Thom ·

Omdat hy was wat hy was en ongewapen en o ja omdat hy swart was , gee dit ‘n polisieman die reg om , nadat hy met ‘n tazer bygekom was , hom dood te maak ? Julle hoort in die middeleeue !

Karlahari ·

Onder die invloed van drugs.
Gekoop met vervalste geld.
Vorige veroordelings.
Verset teen arres.
Defnitief nie n engeltjie gewees nie en as jy kleur by dit wil inbring het jy defnitief oogklappe aan en oorpluisies in.

Linx ·

O so dt is alles requirements om vermoor te word,snaaks ek het nognooit daardie boek gelees nie met Al my 20 jaar in law enforcement.

Nell ·

Ek sien hier bo is daar ‘n berig oor die EFF waarin jy seker sal belangstel…;)

Hennie ·

Die straf pas glad nie by die ongeluk nie! Absurt! Dis jammer om te sien hoe die staat sy oppassers fail!

Lionel ·

Jy is absoluut mal!! Die man het geen regverdige verhoor gekry nie omdat die jury basies gedwing was om hom n lang vonnis te gee weens die wêreld se absurde reaksie op Floyd, wat ‘n krimineel was, se dood.

pestilensie ·

Ek sou graag wou sien dat hy n regverdige verhoor kry

Politikus ·

Hy het ‘n regverdige verhoor gekry. Die straf kon dalk net effe swaarder gewees het

Nell ·

Bleeksiel Biden en Justine Waters se doelbewuste inmenging in die verhoor het Chauvin van ‘n regverdige uitspraak beroof.

Driekus ·

Ek glo darem nie 100% so nie. Ek dink die hele proses is aan die neus rondgelei om ‘n uitspraak te kry wat die meerderheid sou gelukkig maak.

Hoekom ·

Sal jy gaan en dien as voorbeeld, hoe om so situasie te hanteer asb. Jy blykbaar weet beter as opgeleide polisie…

Tipper ·

Wonder wat sal gebeur as daai 5000 blankes in Rhodesië nou gaan besluit hulle gaan nou op n rampage deur die strate en keer alles om,sal daar genade wees.

Jannie van Niekerk ·

Verseker nie. BLM sal sorg dat almal dan voor ‘n vuurpeleton sterf. Ek deel jou sentiment.

Mallie ·

Foeitog die arme polisiebeampte. Net omdat hy sy werk gedoen het kry hy 22 en 1/2 jaar tronkstraf. Sterkte my ou maat.

Johan ·

N onskuldige Polisieman se lewe is verwoes omdat hy n krimineel gevang het. Die westerling het groot moeilikheid.

Mariana ·

So word die polisie se werk net moeiliker gemaak en nou sal alle kriminele dieselfde pad wil loop. Maar deesdae is kriminele se lewens mos belangriker as die slagoffers sn. Kyk maar na ons regstelsel, hier word kriminele wat bv moord gepleeg het, parool gegee. Of glad nie eers tronk toe gestuur nie. Ek hoop dat Chauvin hierdie tronkstraf sal oorkom en sy familie ook sal aangaan met hul lewens.

Jannie van Niekerk ·

Ek is stom geslaan om te sien hoeveel mense (af duime) wat hierdie berig gelees het hulle aan die kant van die misdadiger skaar. Ek het groot simpatie met Derek Chauvin. Hy is swaar gestraf en dit net omdat hy as polisiembeamte net sy werk gedoen het. Ek is seker dat indien dit ‘n swart polisieman en wit msidadiger was, sou daar absloluut GEEN debat hieroor gewees het nie.

Linx ·

Almal het sy/haar eie opinie,dit beteken nie omdat jy glo chauvin het “sy werk” gedoen almal moet nie so ander se opinie hoef jou glad nie stom t slaan nie,want NES j glo jys reg,glo ek ook die polisie beampte moes die moontlikheid voorsien het dat sy aksies tot iemand se dood sou lei, nevermind of dit n verdagte was j doen nie dit nie,elke aksie het n reaksie so chauvin moet sy pyne vat.

Sarel ·

Onttrek die Polisie iit fie Gdmeensksp wzt Misdadigers bedkerm en laat hulle dzn nou masr opsnork..
Stephan …nog nie klazr nie hulle beplan nog vervolgings,
Tipper…verstasn nie waarvan u praat nie

Hoekom ·

Kan die mense wat Floyd, ‘n oorledene krimineel ondersteun asb net besef dit gaan nie oor sy vel kleur nie! Dit kon en sou en sal gebeur het al was die man pienk, groen, blou of pers. Sou dit so wees was die polisiebeampte nog in sy beroep…Kom oor julself en jul ras beheptheid…

Hierdie polisiebeampte het net eenvoudig sy werk gedoen en word nou gelinch oor ‘n situasie wat buite sy beheer was…

Johanna ·

Ek is GEEN voorstander van Police vergrype nie, maar hulle werk onder baie druk.en stres. Hulle soek vir maande na skuldiges en dan gee die hof borgtog, terug is die ou op straat en hardloop weer.
Hoe dikwels gaan polisie lede op verpligte TRAUMA berading. Hulle sal vergryp as hulle self onder teveel stres werk.
Floyd was n criminal en natuurlik sou hy nie in watte toegedraai word nie, Maar gaan kyk na die policeman se Mental health Gesondheids rekord.
En BESLIS het ek geen GENADE vir sekere polisie beamptes wat oordrewe mags-vertoon toepas nie. Na ALLES is hulle hier om te dien en te beskerm en nie om hulle gesag te misbruik nie.

Anton ·

Die regter sal hopelik nie binnekort die polisie nodig hé nie.

christo ·

Indien George Floyd hom nié verset het teen arrestasie nie, sou dit nooit gebeur het nie.

Niklaas ·

Arme Chauvin het geen kans gestaan vir ligte vonnis nie. Nie in die huidige politieke klimaat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.