Chemiese wapens in Sirië-aanval gebruik

Foto: Edlib Media Center, via AP

Nadoodse ondersoeke het bevestig chemiese wapens is gebruik in die aanval in Sirië wat die lewe van minstens 87 mense geëis het.

Bekir Bozdag, die Turkse minister van justisie, het bevestig chemiese wapens is gebruik in die aanval op die rebellebeheerde Idlib-provinsie. Meer as 24 slagoffers van die aanval is in Turkye behandel waar drie mense in hospitale aan hul beserings beswyk het. Minstens 30 van die 87 oorledenes was kinders.

Die aanval het hewige internasionale reaksie uitgelok, met Amerika en ander lande wat die skuld op die Siriese regering pak. Sirië se weermag het egter ontken hy was verantwoordelik vir die aanval. Rusland beweer die Siriese lugmag het chemiese wapens wat aan die rebelle behoort, geteiken.

Pres. Donald Trump van Amerika het gesê die regering van pres. Basjar al-Assad het te ver gegaan. Hy het die aanval teen burgerlikes beskryf as “ʼn belediging vir die mensdom deur die Assad-regime wat nie geduld mag word nie”.

Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) het Woensdag ʼn noodvergadering gehou ná die aanval. Die bevindinge daarvan is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

PJ ·

En om te dink Basjar al-Assad is zuma en kie se maatjie wat wag vir ons ?

D. ·

Dis Omar al-Bashir, die president van Sudan, nie die ou waarvan hier gepraat word nie.

Afrikaanse Knaap ·

Die dood van daai mense is op Suid-Afrika en in besonder ons regering se leierskap se hande. Ons het die geleentheid gehad om daai man te stop en ons het nie. Ek skaam my vir my regering.

Ramkat ·

Lafhartige gebruik van chemiese middel om eksperimenteel die effektief daarvan uit te toets op nie-strydendes sonder vrees vir teenaanval.
Absoluut verwerplik gedoen deur mense met baie lae morele waarde vir menslike lewenskoste.

Donal ·

Tyd dat Donald hierdie gemors van die aarde afvee. Dan kom maak jy n draai in SA ook

Melandi ·

Dit is hartverskeerend, hoe kan die mens so wreed wees. :(

John ·

En die pers ondersteun hierdie storie van die rebelle wat teen die Siriese regering staan. En die VSA- weermag oortuig Trump. Jammer. Uiteindelik sal IS op Israel se grens wees. Dwaashede wat die wereld duur te staan sal kom. Wag maar en kyk.

Die ander sy ·

Ek’s nie ‘n ondersteuner van Sirie nie, maar glo nie Assad het chemiese wapens gebruik nie. Dis eenvoudig ‘n verskoning vir die VSA om ook daar in te meng. Onthou, die VSA het ‘n bepaalde destabiliserende agenda waarvan hul bloedspoor van inmenging in o.a Irak en Libie die hele Midde-Ooste gedestabiliseer het.

Hierdie Midde-Ooste beskawings het regeringstyle wat duisende jare ouer as westerse demokrasie. Dis in die mense se DNA en hou hulle verenig. Die VSA haat sterk regerings in hierdie lande want dit verswak die VSA se toegang tot hulpbronne, daarom sal hulle alles doen om die lande te verswak en westerse lakeie in beheer te stel. Baie van hd lande se binnelandse terreur en oproer word dan ook deur VSA ondersteun en befonds. Die VSA haat dit dat Assad nie kapituleer onder die westers-befondse burgeroorlog in die land nie. Daarom nou enige verskoning soek om in te meng. Dis die VSA-befondse rebelle wat die chemiese wapens gebruik.

Hoekom het die VSA nie Zimbabwe te hulp gesnel toe Mugabe 30 000 Matabeles vermoor het nie? Want Zim het nie hulpbronne nie.

SARIN GAS ·

As jy dit nie glo nie, ek het videos gesien van hoe hierdie mense doodgaan. Hoe die kinders lê en dood ruk. Gaan google bietjie wat doen Sarin Gas aan die menslike liggaam. Dis verskriklik dat dit met hierdie onskuldige kinders gebeur het. God sal geregtigheid laat geskied, maak nie saak of daai varke in Hom glo of nie. Mense wat kindertjies leed aandoen, vir hulle sal daar nie genade wees nie. Ek glo dit.

Chris Scheepers ·

Wie het die vliegtuie beman wat die chemiese wapens gelewer het, Asad en die Russe of ISIS. In die geval was die VSA geregtig om die lugmag basis uit te haal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.