Chili-aardbewing: Tsoenami-waarskuwing; gevangenes ontsnap

Grafika: abcnews.go.com

Grafika: abcnews.go.com

‘n Video van die tsoenami-alarm volg onderaan die berig. Meer as 300 gevangenes het uit ʼn vrouetronk in Chili ontsnap te midde van ʼn tsoenami-waarskuwing wat ná ʼn groot aardbewing uitgereik is.

“Ongeveer 100 spesialemag-lede is na die gebied gestuur,” het Rodrigo Penailillo, minister van binnelandse sake, Dinsdag gesê. Hy kon nie bevestig hoe hulle ontsnap het nie.

ʼn Aardbewing wat 8.2 op die momentmagnitudeskaal gemeet het, het Chili om 20:46 (2346 GMT) getref. ʼn Tsoenami-waarskuwing is uitgereik en talle mense is ontruim.

Minstens vyf mense is reeds dood aangemeld. “Die slagoffers sluit vier mans en ʼn vrou van Iquique en Alto Hospicio in,” het Penailillo bygevoeg. Hy sê die persone is of dood weens ʼn hartaanval of is onder die puin verbrysel.

Penailillo het gesê hy het nog nie bevestiging ontvang oor plundery in Iquique nie. Bewerings van plundery doen op sosiale media die ronde. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.