Chili-vulkaan bars twee keer uit ná 40 jaar se stilte

Vulkaan Calbuco. Foto: David Cortes Serey/ Agencia Uno/AP

Vulkaan Calbuco. Foto: David Cortes Serey/ Agencia Uno/AP

Twee uitbarstings kort na mekaar van die vulkaan Calbuco, in die suide van Chili, het die klein dorpie Ensenada met ʼn askombers bedek.

Die meeste van Ensenada se 1 500 inwoners is Woensdag, ná die eerste uitbarsting, ontruim met slegs sowat 30 mense wat geweier het om hul huise te verlaat.

Dit is Culbaco se eerste uitbarsting in meer as 40 jaar. Die uitbarsting het ‘n aswolk meer as 10km hoog die lug ingestuur. Nooddienswerkers is onkant gevang en het slegs enkele minute gehad om ʼn waarskuwing uit te stuur.

Culbaco het Donderdag weer uitgebars, met weerlig wat verwoed in die donker nag geflits het. Geen beserings is aangemeld nie.

Die Chileense geologiese diens het gewaarsku  ʼn derde en selfs meer aggressiewer uitbarsting is moontlik. Michelle Bachelet, president van Chili, het die gebied Donderdag besoek en ʼn noodtoestand afgekondig.

Die uitbarsting en gevolglike aswolk het ook tot gevolg gehad dat vlugte gekanselleer moes word. Die 2 000m hoë vulkaan het in 1972 die laaste keer ‘n uitbarsting gehad en word beskou as een van die gevaarlikste van Chili se nagenoeg 90 aktiewe vulkane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.