China beplan hoë spoed trein na VSA

Chinese blitstreineChina oorweeg ‘n super vinnige trein wat na China, deur Siberië, onderdeur die Beringstraat, deur Alaska en Kanada na die VSA sal blits.

Hoewel die berigte nie meld hoe vinnig die trein sal ry nie, beoog China om treine wat teen 350 km/h kan ry, op die roete tussen Beijing en Shanghai in te span.

Om die projek ‘n werklikheid te maak, sal ‘n treintonnel van sowat 200 kilometer lank onderdeur die Beringstraat gebou moet word. Dit is ongeveer vier keer so lank soos die tonnel onderdeur die Engelse kanaal. Die tegnologie hiervan bestaan reeds, en sal onder meer ook ingespan word om ‘n hoë snelheid treintonnel tussen Fujian en Taiwan te bou. Dit is nou mits die kopsku Taiwanese regering tot hierdie tonnel van 150 kilometer instem.

Die trajek tussen China en die VSA sal deur China gefinansier en gebou word.

Bronne: China Daily, The Guardian,

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.