China-bootramp: Dodetal styg skerp

Foto: Bai Yu/Xinhua via AP

Foto: Bai Yu/Xinhua via AP

Die dodetal het tot nagenoeg 400 gestyg nadat ʼn Chinese veerboot Maandag weens gure weer in ʼn rivier omgeslaan het.

Die owerheid het die ramp aan skielike rukwinde toegeskryf, maar die boot se kaptein en ingenieur is wel in hegtenis geneem. Die voorval word beskryf as China se ergste bootramp in sewe dekades.

Die Eastern Star is Vrydag in die Yangtze-rivier regop getrek en 396 liggame is reeds gevind. Volgens berigte word 46 mense nog vermis. Die Xinhua-nuusagentskap het berig 456 mense was aan boord toe die boot in Jianli in die Hubei-provinsie omgeslaan het. Altesaam 14 mense is gered. Die boot was op ʼn 11 dae lange vaart onderweg van Nanjing tot Chongqing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.