China en Taiwan soek toenadering

china-taiwanDie eerste amptelike ontmoeting tussen China en Taiwan vind Saterdag plaas, die eerste keer sedert 1949.

China se staatshoof, Xi Jinping en die president van Taiwan, Ma Ying-jeou, sal mekaar in Singapoer ontmoet.

Die kantoor van die president van Taiwan het dit duidelik gestel dat geen kontrakte tydens die ontmoeting onderteken sal word nie en geen gemeenskaplike verklaring sal uitgereik word nie. Die verhouding tussen die lande is gespanne en daar word gehoop dat die gesprekke tot meer vrede sal bydra.

Die nasionale Chinese troepe het in 1949 na Taiwan gevlug toe die kommuniste aan bewind gekom het in Peking. Die uitnodiging aan Taiwan se president is dus ʼn keerpunt in die politiek in China. China wou nooit amptelik met Taiwan vergader nie, aangesien dit die regering van Taiwan in hul oë legitimiteit sou gee. China sien die eilandrepubliek, as ʼn afvallige provinsie van China.

Honderde mense protesteer oor die ontmoeting in Taipei, omdat hulle vrees dat die toenadering tot China eintlik “uitverkoping” aan China kan wees. Die volgende verkiesing in Taiwan vind op 16 Januarie plaas. President Ma Ying-joeou mag homself nie weer as president verkiesbaar stel nie, maar baie Taiwannese glo nogtans dat die gesprekke met China die verkiesing se uitkoms kan beïnvloed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gideon ·

Ek weet as mense oor spelling kla kan dit ‘n pyn wees, maar hierdie “China” klink en lees so verkeerd, ek het 40 jaar gelede geleer van Sjina, of sit ek nou die pot mis?

rissiepit ·

Gideon, jy is wel reg. Die woordeboek 1984 (Bosman,van der Merwe, Heimstra) wat uitgegee is deur Tafelberg) het Sjina sowel as China as Afrikaans erken. So “China” is ook nie werklik verkeerd nie.

Nico K ·

Dit is ‘n interessante punt. Ek self is ten gunste daarvan om lande se name in Afrikaans te skryf. (En uit te spreek. Die Engelse uitspraak is meestal net so verkeerd.) Maar nou is dit so dat sekere name al hoe meer internasionaal raak. Skryf die meerderheid Afrikaners nog Sjina? My pa het altyd Sambië geskryf (vir Zambië). Maar die meerderheid Afrikaners het Zambië gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.