China gee Zimbabwe ʼn parlement present

Die enorme parlement wat China aan Zimbabwe skenk, word noord van die hoofstad, Harare, gebou.

Terwyl meer as 5 miljoen Zimbabwiërs in uiterste armoede leef, verrys ʼn spoggerige nuwe parlementsgebou noord van die hoofstad, Harare, teen ʼn geraamde koste van R650 miljoen.

Pres. Emmerson Mnangagwa het Vrydag die hoeksteen van die reusagtige nuwe kompleks gelê wat die ou koloniale gebou in die stad vervang. Die ou gebou het glo te klein geraak vir die land se 200 parlementslede.

Tydens die hoeksteenlegging het Mnangagwa gesê die boukoste word gefinansier deur ʼn “geskenk, nie ʼn lening nie” van China, maar nie gesê hoeveel van die koste deur dié “geskenk” gedelg sal word nie, berig Daily Nation.

Hy het voorspel die parlementsgebou sal as trekpleister dien vir ander geboue wat mettertyd in die omgewing sal verrys, soos banke en hotelle.

China finansier talle infrastruktuurprojekte in Afrika, soms deur skenkings, maar meestal deur lenings wat die meeste arm Afrikastate sukkel om af te betaal namate hulle ál dieper in die skuld verstrengel raak.

Angola, Ethiopië, Soedan, Kenia en die DRK is tans die diepste in die skuld by China. Die byna R300 miljard olieverwante lenings wat Angola sedert 2000 by China gekry het, is ʼn kwart van al dié land se lenings aan die vasteland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Manie ·

Wonder wie glo die snert. China gee vir niemand iets verniet. Jy gaan later dubbel en dwars betaal en ja baas sê

Geregtigheid ·

Een van die dae word Zimbabwe se naam verander na iets in chinees. Die chinese gaan altyd terug om hulle dividente te kollekteer

Hanna Hoekom ·

Julle gaan julle agterente met hierdie geel mensies sien! Mark my words. Julle gaan nog lang trane huil oor die “goeie ou dae” toe die witman nog Zimbabwe op sy voete gehou het. Hierdie skrefies-ogies kom nie om maatjies te maak nie!

Gemaskerde Sopbeen ·

Zimbabwe se nuwe naam is 津巴布韋. En oor so 300 jaar begin ons van voor af met “decolonization”……Die Chinese gaan nog spyt wees…..

Neels ·

Nog n beleging in een van China se afrika provinsies. Die china Afrika word al hoe duideliker soos afrika lande deur hulle diktators aan hulle Chinese meester verpand word. Een China baie provinsies met verskillende name

marco polo ·

Nie noodwendig sleg nie. Dit kan dalk bietjie orde bring en die peoples leer werk.

John ·

Diamante, renosters, uraan en vreemde elemente… die Chinese is ‘n bok vir ‘n game maar oppas… jy verloor altyd. Kyk hoe lyk die geboue in Sjina en jy sal weet waar hulle geld maak.. alles met sake in ander lande… so nice hierdie president-vir-altyd… Wat gaan hulle hier bou na die halfgebakte kragstasie met probleme wat ons nou sleg te staan kom… maar braaivleis en bier en…gelukkig is dit nou somer maar wag vir die laaang winter aanstaande jaar na die verkiesing.

John Benghiat ·

Ek dag eers dis ‘n klomp polistereen koppies en houers wat omgedraai opmekaar gestapel is!

jaco ·

in hierdie “geel mensies” se land is daar
geen stakings
geen beurtkrag
ordentlike onderwys sonder leerders wat onderwysers aanrand
baie minder misdaad as in SA en Zimbabwe (doodstraf word meer as 1000 maal per jaar toegepas)
so voor almal nou waarsku oor al die “gevare” van China, dink tog aan die voordele ook. wie weet, ons baat dalk nog heel lekker daarby wanneer hulle hier oorvat.

Nikita ·

Jaco onthou..China is oorbevolk..natuurlik gaan hulle van hulle mense hier kom dump..en natuurlik gaan hulle vir hulle eie mense die werk gee..maar met al die lenings en beleggings hier weet hulle SA se regerende party se oge is toe..hulle gaan nie aan die massas werk verskaf nie, maar aan hulle eie mense. As hulle werk aan die massas verskaf sal dit..goedkoop arbeid wees. Maar die ANC dink mos die Chinese is hulle brothers!!

Lollie ·

Nee wat, klink soos SA. Groot parlement, almal daar bo pocket, en verder is die mense aan hul eie oorgelaat! Land word ook nog aan die Chinese verkoop. Chinese gaan nog oral in Afrika oorneem want hierdie swart regerings vertrou hulle meer as die witman! Hulle les gaan hulle duur te staan kom en hulle gaan aan die korste end trek!

Vonkprop ·

Daardie mooi gebou gaan soos ‘n pitseer uitstaan in die gevalle Zimbabwe. Hoekom so iets nutteloos bou waar hulle dan maar eerder die mense kon gehelp het. Hier kom groot terugbetaal vir Zimbabwe oor so 10 jaar.

Johan hartzenberg ·

Andderdag bou die chienks n lugmagbasis dan kan hulle ons lekker opf.. as ons hul maatjies hier opdrande gee…

Callie ·

Vra net. Staan daar nie die geel nasie sal vir n tyd regeer nie

Wessel ·

Wonder wie doen diebouwerk beslis nie die 5 miljoen arm Zimbabiers nie Chinese sorg net vir hulle mense gaan kyk maar op die plattelandse dorpies

Chris ·

Wessel dit is kwansuis werk skepping maar plaaslike arbeid word in die minimum gebruik . Gerugte wil dit het dat China se tronke is oorvol en die gevangenes word na die lande gestuur om die bouwerk te doen . Hulle bly dan ook op die bou terrein solank as wat die projek duur. So word die drukking op hulle tronke verlig

Ander Annie ·

Chinbabwe. Hulle gaan nog hulle pond vleis eis. Hulle ken nie van verniet nie. Ek wonder of iemand al somme gedoen het oor hoeveel Chinese in Afrika is. Ook hoeveel Chinese neem mense van daardie spesifieke land indiens. Ek was in China en hulle is gedissiplineerd, werk baie hard en verdien min geld. Hulle infrastrutuur is van hoogstaande gehalte. Chinese neem nie sommer ander mense indiens nie.

Kobus ·

Ek weet nie waaroor gaan almal so tekere oor die sjinese nie. Hulle is hardwerkend en moor nie boere uit nie. Hulle is nie ons vyand nie

Edd ·

Moord het nog nooit begin en eindig by die persoon wat die sneller trek nie.

Koos de Meyer. ·

Kobus wat jy nie weet nie daar is alreeds grond tot lug misiel basis in Zimbabwe. Dink jy dis verniet daar. Nee meneer Afrika het geel geword. Hierdie misiel basis is deur die Chinese daar geplaas.

Anoniem ·

R650 000 000.00 se parlement, terwyl hulle mense honger ly?

Nikita ·

Maar natuurlik..dis so duidelik soos daglig. Die Chinese gee met een hand..en neem met twee hande! Nie meer lank en Zimbabwe se naam verander na Chinabwe..watch this space!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.