China: Openbare vervoer opgeskort weens dodelike virus

Mense se liggaamstemperatuur word gemeet met hul aankoms by ‘n lughawe in Beijing. (Foto: Emily Wang, AP)

Die Chinese stad Wuhan, met elf miljoen inwoners, het vandeesweek alle openbare vervoer tydelik opgeskort in ’n poging om die uitbreek van die nuwe tipe koronavirus te stuit.

Inwoners van die stad is aangeraai om nie die stad te verlaat nie. Dít te midde van miljoene Chinese en besoekers van reg oor die wêreld wat tans in China rondreis vir die Chinese Nuwejaar.

Altesaam 17 mense is tot dusver aan die virus dood, met meer as 500 gevalle reeds aangemeld. Al die sterftes is in die Hubei-provinsie aangemeld. Wuhan, waar die eerste geval van die virus aangemeld is, is in dié provinsie.

Die noodkomitee van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het intussen aangekondig dat hy nog nie ’n wêreldwye noodtoestand weens die nuwe virus gaan afkondig nie.

Dr. Tedros Ghebreyesus, WGO-direkteur-generaal, het gesê die organisasie het eers meer inligting oor die verspreiding van die virus nodig. Die komitee van gesondheidskenners sal Donderdag weer vergader.

Mense dra Woensdag maskers te midde van die uitbreek (Foto: Kin Cheung, AP)

Maroela Media het vroeër berig talle ander lande het intussen ook voorsorgmaatreëls begin tref uit vrees vir ʼn wêreldwye uitbreking van die virus wat herinner aan die Sars-uitbreking van 2002-’03. ʼn Uitbreking van die ernstige akute respiratoriese sindroom (Sars) het destyds in China begin en tot die dood van nagenoeg 800 mense gelei.

Daar is reeds gevalle van die nuwe tipe koronavirus in Japan, Suid-Korea, Thailand, Taiwan en die VSA aangemeld.

Baie lande is tans besig om die temperatuur van aankomende passasiers te kontroleer en voorsorgmaatreëls vir kwarantyn te tref in reaksie op die nuwe virus.

Die Chinese regering se bevestiging dat die nuwe virus tussen mense oorgedra kan word, het die vrees dat dit vinniger en wyer kan versprei vererger met miljoene Chinese en mense van reg oor die wêreld wat tans in China rondreis vir die Chinese Nuwejaar.

Die nuwe tipe koronavirus gaan gepaard met simptome soos erge koors en asemhalingsprobleme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

John ·

A1 of G5 maak nie van ‘n land ‘n eerstewèreldmoontheid nie.

Da_eYe ·

Dis ook omdat hulle allerhande “snaakse goed” eet…. se maar net

Dom ·

Kan iemand met kennis asseblief verduidelik; hoe is dit dat die virus besmettings “uitbreek”. Is dit dan nie die heeltyd besig om mense te besmet nie? Kom daar ‘n verandering in die virus dat dit skielik baie mense besmet? Kruip die virusse weg en “aktiveer” dan vir een of ander rede? Is die besmettings altyd daar en word daar net berig daaroor as dit oor ‘n drumpel gaan? Hoe werk dit?

TDW ·

Hierdie tipe virusse is agv die virus se vermoë om aan te pas. ‘n Virus kan nie op sy eie leef nie maar het ‘n gasheer nodig. Diere en mense is draers van virusse. Die liggaam werk om die virus te beveg wat dan teenliggaampies maak. Sodra die virus agterkom dat hy nie meer dieselfde liggaam se sel kan penetreer nie, pas hy aan. Dit kan jare vat as dit ‘n DNA virus is. En dit kan makliker uitsterf as daar ‘n inenting gemaak word. Soos pokke. Dit pas vinniger aan as dit ‘n RNA virus is. Soos griep en HIV. RNA virusse verander homself van gasheer tot gasheer. Sodat dit van een persoon na ‘n ander makliker kan gaan om te oorleef. Moeiliker om van ontslae te raak oor elke gasheer se virus anders muteer het.
Die oorbevolking van mens en dier op een plek veroorsaak dat virusse makliker muteer ipv uitsterf met die gasheer. Dis hoekom groot stede die meeste siektes het. As een persoon nou moet terug gaan in tyd sal daai persoon ‘n groot epidemie veroorsaak in die historiese bevolking oordat hulle nog nie teenliggaampies opgebou het teen al die gemuteerde virusse van vandag nie.
Ons liggame werk wondere elke dag.

ou uil ·

Bungarus multicinctus (Chinese slang spesie) is blykbaar die oorsaak vir die uitbreek.

Suzette Geringer ·

Ek wonder of die nodige voorsorgmaatreëls op SA se lughawes ook getref is. Dit help nie hulle skrik wakker wanneer daar ‘n besmetting aangemeld word nie.
Die gesondheid- en veiligheidsmaatreëls is nie baie hoog op die regeringe se lys nie.

Die regte Grassie. ·

Goeie higiëne is nie baie hoog op die Sjinese se prioriteitslys nie. Hulle eet alles wat hulle in hul monde ingestop kan kry, insluitende slange. Sakemanne wat op rade dien waar daar deesdae ook Sjinese sitting het vertel dat daardie netjiese mannetjies met hul donker pakke snaakse gewoontes het. Hul krap openlik in hul neuse en spoeg baie – sommer in die gange of selfs in die hysbakke. Geen wonder dat van die wêreld se grootste pessiektes in Sjina uitbroei nie.

Melanie ·

Miskien is Iemand besig om Sy wereld skoon te maak… se maar net..

Patch ·

@Melanie, was nogal my eerste gedagte ook. China is die mees oorbevolkte land in die wêreld.

Sinies ·

Mense met verswakte immuunstelsel
(Vigs) in kombinasie met hierdie soort virus maak nie n mooi prentjie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.