China, Rusland beplan gesamentlike militêre oefening in Middellandse See

Foto: Americanfreepress.net

Foto: Americanfreepress.net

Uit Peking word berig dat ´n gemeenskaplike militêre oefening in die Middellandse See dié maand uitgevoer gaan word. Die oefening is teen geen derde party gerig nie. Dit sal die eerste oefening wees wat China en Rusland in die Middellandse See saam aanpak.

Nege skepe met skerppunt ammunisie sal daaraan deelneem en dit word gesien as ´n oefening in vreemde waters. Op dié manier word gepoog om die vredevolle samewerking tussen Rusland en China te verstewig.

China en Rusland het al sedert 2012 verskeie gemeenskaplike militêre oefeninge in die Stille Oseaan uitgevoer. Die VSA het dit elke keer as uittarting bestempel.

Rusland werk nou met China saam en die Chinese pres. Xi Jinping is ook uitgenooi na Moskou om die 70-jarige fees van die oorwinning oor Nazi-Duitsland te vier. Xi Jinping sal blykbaar nie net by die feesviering wees nie, maar van sy soldate sal ook deelneem aan die militêre parade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rynhardt ·

Rusland en China se gesamentlike militere oefening is voorbereiding vir die komende derde wereldoorlog wat voorle.In die suid-chinese see het China reeds begin om forte (stoorfasiliteite) op te rig vir groot hoeveelhede brandstof vir sy skepe.Hy doen sy beplanning voor die tyd,terwyl die VSA vas aan die slaap is.Die volgende inligting weier die “dinosaurus-media” in SA om uit te spel, asook die liberale ekonome.Die globale finansiele krisis staan op $76triljoen waaruit die wereld nie kan kom nie! Amerika staan reeds op $15triljoen skuld waaruit hy nie kan kom nie.Die nuwe werekdorde het die derde wereldoorlog lankal beplan, so nou kan ons sien waarheen dinge oppad is.Rusland en China weet, wanneer die markte induie gaan stort, gaan die poppe wereldwyd begin dans vir die finale werekdoorlog.Ruskand en Iran het reeds begin om bomme op grootskaal te vervaardig!

Paplepel ·

Word wakker! Die derde wêreld oorlog het reeds al begin. Die ISse en Boko Harams van die wêreld veg almal onder een vaandel. Baie reken 9/11 was maar net die bekendstelling. ‘n Slang met menigte koppe. Ek vermoed die groot moondhede maak reg vir wanneer hierdie slang al sy koppe gelyk lig. (en O ja, alle parate weermagte gaar brandstof en ander goed op vir noodgevalle, self ons weermag doen dit.)

jacques ·

Met Nato en die USA wat so geweldadig is oor die wereld sal ek dit ook gedoen het as ek hulle was.Paplepel Usa se elite het al almal bunkers gebou vir hulle en Rusland het n 40Mile lank bunker vir sy mense gebou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.