China se ‘Jack the Ripper’ tot doodstraf gevonnis

Gao Chengyong

ʼn Reeksmoordenaar, wat as China se “Jack the Ripper” bekend staan, is Vrydag tot doodstraf gevonnis.

Gao Chengyong het tussen 1988 en 2011 in die noorde van China 11 vroue en meisies verkrag en vermoor, waarvan een slegs agt jaar oud was.

Die hof in Gansu het hom doodstraf opgelê op aanklag van moord, roof, verkragting en skending van liggame, het die amptelike Xinhua-nuusagentskap berig.

Die 54-jarige man is in 2016 in hegtenis geneem en het tydens sy hofsaak skuld beken op al 11 moorde.

Meeste van sy slagoffers het rooi gedra toe hul liggame gevind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Muffin ·

Dieregte straf. In SA sou hy tronkstraf gekry het en oor n paar jaar weer vry rond geloop het.

Siek en sat ·

Mooi man. Dis die regte straf vir so n koelbloedige varkagtige moordenaar. Wens hulle wil dit hier in SA terugbring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.