China skop vas teen verdere ondersoeke na Covid-oorsprong

Die Wuhan- instituut van virologie. (Foto: Hector RETAMAL/AFP)

China het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se beroepe vir ʼn hernieude ondersoek na die oorsprong van Covid-19 verwerp en gesê dat dit “wetenskaplike” eerder as “politieke” pogings ondersteun om vas te stel hoe die virus begin het.

Daar is weer druk op Beijing om ʼn nuwe ondersoek te oorweeg na die oorsprong van die Covid-19-pandemie wat reeds meer as vier miljoen lewens geëis en ekonomieë wêreldwyd verlam het sedert dit die eerste keer in die Chinese stad Wuhan waargeneem is.

ʼn WGO-span van internasionale kundiges het Wuhan in Januarie vanjaar besoek, waarna ʼn verslag opgestel is. Daar kon egter nie tot ʼn gevolgtrekking gekom word oor hoe die virus begin het nie.

Die WGO het China Donderdag aangemoedig om onverwerkte data rakende die eerste gevalle van Covid-19 te deel om die ondersoek na die oorsprong van die siekte te laat herleef.

China het egter teruggekap en sy standpunt herhaal dat die aanvanklike ondersoek genoeg was en dat beroepe vir verdere data deur politiek in plaas van wetenskap gemotiveer is.

Die WGO se verslag het aangevoer die mees waarskynlike scenario is dat die virus van vlermuise na mense via ʼn tussengangerdier oorgedra is. Daar is gesê dit is “uiters onwaarskynlik” dat die virus uit ʼn laboratorium in Wuhan kom.

‘n Lugfoto van die Wuhan-instituut vir Virologie se kampus in China. Die laboratorium doen navorsing oor sommige van die wêreld se gevaarlikste siektes en word deur sommiges daarvan beskuldig dat dit die oorsprong van die dodelike Covid-19-virus is. (Foto: Hector Retamal/AFP)

In die lig van China se onwilligheid vir verdere ondersoeke, is daar al hoe meer oorweging vir die teorie dat die virus uit ʼn laboratorium kom – iets wat vroeër afgemaak is as ʼn samesweringsteorie wat deur Amerikaanse verregses verkondig is.

Selfs die WGO-hoof, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het gesê dat die aanvanklike ondersoek na Wuhan se virologie-laboratoriums nie ver genoeg gedryf is nie, terwyl pres. Joe Biden in Mei ʼn aparte ondersoek na die oorsprong van die virus deur die Amerikaanse intelligensiegemeenskap gelas het.

ʼn Beroep van die WGO verlede maand dat die tweede fase van die ondersoek oudits van die Wuhan-laboratoriums insluit, is met woede deur Beijing begroet.

Intussen het die Deense wetenskaplike Peter Ben Embarek, wat die internasionale sending na Wuhan gelei het, gesê ʼn laboratoriumwerknemer wat besmet is terwyl hy monsters in die veld geneem het, is een van die waarskynlike hipoteses oor hoe die virus van vlermuise na mense oorgedra is.

Hy het aan die Deense TV2-kanaal gesê dat die betrokke vlermuise nie van die Wuhan-streek is nie en dat die enigste mense wat moontlik met hulle in aanraking was, werkers van die Wuhan-laboratoriums was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Rudolf ·

Snaaks – toe Trump beweer het dit is in n laboratorium gekweek, het almal hom afgelag en uitgekryt. Nou gelas Bidenn ondersoek……

Zara ·

Klink na n skuldige gewete, asof daar iets is om weg te steek?

LANA is ELANè ·

Dit was ‘n doelgerigte strategie van China om op die manier meer mag vir ditself te verkry deur ander wêreldekonomieë op hul knieë te dwing. Al die sg sameswerings teorieë kan tog nie als net sameswerings wees nie? Die hele covid pandemie is gehul in sameswering, maar sodra mens vir wetenskaplike statistieke vra om daai sg sameswerings die nek om te draai, gee niemand gehoor!

Danie ·

Maar……van hierdie sameswerings raak darem ook net bietjie belaglik

VaalDonkie ·

Danie, dink jy rerig alles gebeur net toevallig? Dink jy rerig dat as daar mense in die wereld is wat genoeg mag het om dinge na hulle wil te vorm, dat hulle dit NIE sou doen nie?

Vernon ·

China moet betaal vir hierdie gemors. Die wereld moet China boikot op ALLE gebiede!

Marius Gerhardus ·

Ongelukkig kan bitter min mense vandag saam staan. Om China te boikot sali werk nie. Kyk hoeveel Chinese winkels in S A en ons ondersteun hulle want hulle maak n goeie lewe uit ons uit.

Hennie ·

As jy jou geliefde verloor het agv Covid, wees verseker dat China daarby betrokke was! Vermoor die wêreld populasie wat glo in vryheid, sodat hulle skrefies oog konyne die wêreld kan oor vat!

Pieter ·

N kommunis bly maar net n gemors kyk hoe gaan dit hier in ANC land ontken altyd alles en lieg oor alles.

Dirk Mostert ·

Dis ‘n “vals vlag” operasie van die WGO om die publiek te laat glo daar IS so ‘n virus. Wuhan is weens die gerieflike laboratorium gekies om die “pandemie” af te skop. Elkeen maak die “slim” afleiding dat die virus uit die laboratorium ontsnap het.

Anel ·

As daar niks is om weg te steek nie, laat die onderdoek voort gaan. Maar nou ja. Geen mens kan ‘n komunis vertrou nie.

Frans ·

China is land waarin verskeie pandemies hul oorsprong het.
“1957: Asian flu”
“1968: Hong Kong flu”
“1997: bird flu A(H5N1)”
“2003: SARS”
“Covid 19 Dec.2019”
Dit is dus duidelik dat in die 62 jaar van 1957 tot 2019 daar 5 pandemies was wat hul oorsprong in China het. Dit is gemiddeld een elke 12 jaar en dat Covid 19 die grootste is.Die wêreld is huiwerig om die wêreldmag aan te pak weens sy invloed wêreldwyd en met ‘n beheerende aandeel in 12 van Europa se belangrikste hawens wat in en uitvoer beheer is lande huiwerig om op die reus se tone te trap.

annie ·

Daar is meer sulkes bv die Swart Pes van 1348+ waar navorsers Sjina ook as pasiënt-zero uitgewys het. Baie erge natuurrampe, soos nou, het snaaks genoeg ook in daardie tyd oraloor plaasgevind. Varkgriep breek gereeld daar uit. Die hantering van karkasse deur dit in die naaste rivier te stort is steeds die gebruik.

Jacobus ·

Die waarheid sal nooit uitkom nie – daar is eenvoudig net te veel invloedryke rykes wat geld soos bossies maak uit die chaos. Kyk maar plaaslik!

Esme ·

Dit is mosterd na die maal. Daar is nie ‘n manier dat Wuan dieselfde gebly het nie. Ek dink die Chinese en ‘n sekere Dr Fauci het daarvoor gesorg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.