China skort steenkoolinvoere op van Noord-Korea

Vlag van China

Vlag van China

China het gesê hy het alle steenkoolinvoere van Noord-Korea vir die res van die jaar opgeskort, om verder druk te plaas op sy kommunistiese buurman om sy kernwapen- en missielprogramme te staak.

Die ministerie van handel het gesê die verbod tree Sondag in werking en is in lyn met die sanksies wat die VN Veiligheidsraad verlede jaar ingestel het in reaksie op Noord-Korea se kernwapen- en missieltoetse.

China is Noord-Korea se grootste bron van handel en die opskorting sal Pyongyang ontneem van ʼn belangrike bron van buitelandse valuta.

Beijing het al hoe meer frustrasie getoon met Noord-Korea se teenstand van die VN se eise om missieltoetse en die ontwikkeling van kernwapens te staak. Noord-Korea het sy jongste ballistiese missiel ongeveer ʼn week gelede gelanseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

in Trurat of is dit vorentoe? Vele van die lande se wiele is pap.

Wiel ·

Van negatief na positief wat natuurlik te doene het met geregtigheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.