China verbied vas tydens Ramadan

Argieffoto Foto: islamgreatreligion.wordpress.com

Argieffoto Foto: islamgreatreligion.wordpress.com

China het ‘n verbod geplaas daarop dat Moslems in die provinsie Xinjiang tydens Ramadan mag vas. Xinjiang is die tuisprovinsie van sowat 10 miljoen etniese Oeigoere, Moslem-minderheid.

Die verbod geld veral amptenare en skoolkinders, en China voer aan dat dit ongesond vir kinders is om nie gereeld iets te eet nie.

Waarnemers meen egter dit hou meer verband met verskeie terreuraanvalle deur die Oeigoere die afgelope jaar, wat daartoe gelei het dat meer as 300 mense aangekeer, en 13 tereggestel is.

Die waarnemers meen ook dat dit die spanning in die gebied sal verhoog. Verskeie ander beperkings is ook op die Moslems ingestel wat nie ander groepe en godsdienste raak nie.

Bron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.