China verklaar ‘oorlog’ teen die IS

Die twee mans wat tereggestel is.

Die twee mans wat tereggestel is.

China het beloof om die Islamitiese Staat (IS) voor stok te bring ná berigte dat die groep twee gyselaars tereggestel het.

Die een gyselaar was ʼn 48-jarige Noorweër en die ander ʼn 50-jarige Chinese burger wat vanaf September deur die IS aangehou is. China het glo alles in die stryd gewerp om sy burger se bevryding te bewerkstellig. Die IS het glo aangevoer dat die twee mans se “ongelowige nasies” hulle in die steek gelaat het.

Pres. Xi Jinping van China het verkondig dat die IS tot rekenskap gebring sal word nadat foto’s van die teregstelling geplaas is. China het tot dusver ʼn onsigbare rol in die Sirië-konflik gespeel. China ondersteun Rusland en pres. Basjar al-Assad.

China het tot nou geen militêre hulp ten opsigte van die konflik verleen nie, maar sy stemtoon het verander. Pres. Xi het tydens die Apec-samekoms in Manila verklaar dat die IS “’n vyand van die mensdom is”. Wat die wêreld nou van China kan verwag, is egter nie onomwonde meegedeel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Bruno Stef ·

Tussen die Duiwel en die diep blou see.Die Afrikaner in SA is inderdaad vasgevang tussen die kommuniste aan die een kant en die muslim ekstrimiste aan die ander kant.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Die Staat IS het nou baie vyande Dis selfmoord wat IS nou mee besig is

Farkie ·

Bruno Stef vertel asb vir ons meer in wat is die Afrikaner vasgevang sodat ek kan voorsorg tref voor ek gevang word

Ruby ·

As ek raad kon gee aan die IS: Begin solank die siem-sala-biem opsê.

Hulle het nou gaan krap waar dit nie juk nie.

Eliza-beth ·

Weet nie of iemand Carte Blacnhe gisteraand gekyk het nie. Probeer regtig die heruitsending kyk sodat julle kan sien HOE erg is IS. Dis afgryslike en afskuwelik die beeldmateriaal waar klein kinders (soos in 8 jaar oud) geleer word om “infidels” (dis nou almal behalwe IS en sy aanhangers) dood te maak, daar is selfs ‘n kind van ek dink 10 wat iemand onthoof het dis absoluut afgryslik. Ek dink IS is ‘n groter gevaar as wat mens kan dink. Ek was uiters geskok.

Berhalet Beukes ·

Hoekom noem ons nie maar IS presies wat dit is nie? In diens van Satan!

Johannes Meintjes ·

Toe Ben Carson, een van die VSA presidensieele kandidate onlangs op gronde van goeie informasie en insigte rondom internasionale tendense, aandui dat China vir IS wil aanvat, toe trek die pers hom uitmekaar uit?

Rooijan ·

China doen absoluut niks tensy dit staatkundoge voordeel inhou nie. Hulle het ń biljoen mense in die land die verlies van n miljoen is soos n lepel suiker uit n kilogram. Hulle sal nie emosioneel raak hieroor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.