China wil oningeëntes uit skole, hospitale verbied

(Argieffoto: Unsplash)

Miljoene Chinese burgers kan moontlik verbied word om openbare ruimtes soos hospitale en winkelsentrums te besoek, tensy hulle minstens een dosis van ʼn Covid-19-inenting ontvang het.

Dié kennisgewing is aan talle stede en provinsies reg oor die land uitgereik en volg nadat die Delta-variant in dele van Asië opgevlam het.

In die stad Chuxiong in die provinsie Yunnan moet alle inwoners ouer as 18 jaar glo teen 23 Julie minstens een dosis van ʼn entstof ontvang het. Diegene wat nie die sperdatum haal nie, sal nie toegelaat word om gebruik te maak van openbare vervoer of openbare fasiliteite soos hospitale, tehuise, skole en kleuterskole, biblioteke en museums nie.

ʼn Maand ná dié sperdatum moet inwoners twee dosisse van ʼn entstof ontvang het om openbare ruimtes te betree.

Soortgelyke kennisgewings is aan stede in die Jiangxi-, Sichuan-, Guangxi- en Fujian-provinsie deur owerhede uitgereik.

Baie van hierdie provinsies beoog om teen September tussen 70% en 80% van die plaaslike bevolking in te ent. China beoog egter om sowat 64% van sy bevolking van 1,4 miljard teen die einde van die jaar in te ent.

Volgens ʼn amptelike kennisgewing wat Maandag uitgereik is, het die stad Tianhe in die Henan-provinsie gedreig om die betaling van salarisse aan alle staatsamptenare wat nie ingeënt is nie, te staak.

Vrywilligers is na bewering ook by regeringsgeboue, treinstasies en ander openbare ruimtes geplaas om die name en kontakinligting van diegene wat nie ingeënt is nie, aan te teken. Dit is nog nie bekend wat met hierdie inligting gedoen sal word nie.

China se sukses om die uitbreking van die koronavirus hok te slaan, tesame met bekommernisse oor die entstof se veiligheid, het daartoe gelei dat min burgers inentings wou hê nadat die veldtog verlede jaar van stapel gestuur is.

Sedert China se inentingsveldtog van stapel gestuur is, is meer as 1,4 miljard Covid-19-entstofdosisse toegedien, het die nasionale gesondheidskommissie Dinsdag bevestig sonder om bekend te maak hoeveel mense al ingeënt is.

Deel van: Wêreldnuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Hier kom n ding. Reg van besluite word ontneem en daar word van jou n skaap gemaak.

Charles

Winde van verandering wat oor die aarde waai, met ń storm wat gaan volg..

MakersMark

Regte stappe. Gaan uiteindelik wêreldwyd vereis word. Waarom moet mense wat wil aangaan met hul lewens en kies om hul nie bloot te stel aan CV19 infeksies nie weerhou word daarvan deur ‘n paar wat agv wat ookal redes kies om almal om hulle bloot stel ? Dink die skape is die wat die inenting weier.

Jannie

Maak tog net sin. In die VSA en elders het hulle gevind dat meeste van die verspreiding van die Delta variant tussen ongeënte mense gebeur. In Frankryk en Griekeland word daar al selfs vereis dat ‘n mens ingeënt moet word voordat jy in restaurante kan eet. Skole en hospitale is nóg meer krities wat voorkoming betref.

Renier johannes

Dan loot ons ook maar soos hulle kaders ek het n reg om te besluit vir my self