Chinese deur paddaplaag getref

Foto: Skermskoot/YouTube-video

Foto: Skermskoot/YouTube-video

Inwoners van China se Liaoning-provinsie het ’n voorsmakie beleef van die tweede plaag wat in Egipte toegeslaan het.

Derduisende skurwepaddas (toads) het die strate ingevaar, en op sommige plekke so dig teen mekaar gekrioel dat dit gelyk het of die grond beweeg.

Die skurwepaddas, wat van gewone paddas (frogs) verskil deurdat hulle ’n groter voorliefde het om aan land te wees, skurwe velle en korter pote het, het die wyk geneem toe deurdringende reën ’n meer laat vol loop het.

Suid-Afrika het minstens vyf spesies skurwepaddas waarvan net een nie giftig is om te eet nie.

Lees meer in die Britse Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ig ·

Nee wat oor 2 dae is almal opgeeet .Lekker nagereg pasella vir die naweek

Johan Pretorius ·

So ruk terug het die rivier in China Bloedrooi geword en nou paddas.
10 Plae
Eerste plaag: Rivier word soos bloed
Tweede plaag: Paddas.

Gielie - Namibië ·

Wonner nou net wat ou boehda oor die petalje kwyt raak. Sal interessant wees om te hoor wat van die oorblywende 8 plae gesê gaan word.

grancois ·

nou kan hulle heeldag padaboutjies eet..hulle ssl sllez in m week op eet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.