Chinese skip kry sein in Indiese Oseaan

malaysia airlines vermiste vliegtuigʼn Chinese skip wat deel vorm van die soektog na die vermiste vliegtuig van Malaysia Airlines het glo Saterdag ʼn sein in die suidelike Indiese Oseaan opgetel.

Dit is egter nie duidelik of die nuutste verwikkeling verband hou met die vermiste vliegtuig nie. Volgens die Chinese nuusagentskap Xinhau het die sein ʼn frekwensie van 37,5kHz per sekonde – identies aan die seine wat deur vlugopnemers uitgestuur word. Twee skepe met gevorderde toerusting wat die seine van die vlugopnemer moet hoor vorm deel van die soektog. Die batterye van die vlugopnemer hou net sowat ʼn maand waarna die sein nie meer langer uitgestuur sal word nie.

Die vliegtuig met 239 mense aan boord het op 8 Maart spoorloos verdwyn. Die area van die soektog is ʼn 217 000 vierkante kilometer-sone in die suidelike Indiese Oseaan sowat 1 700 km noordwes van Perth, Australië. Ondersoekers hoop dat die vlugopnemers lig sal werp oor hoekom vlug MH370 van sy vlugroete van Kulala Lumpur na Beijing, afgewyk het.

Lees ook:
Vermiste vliegtuig: ‘n Stryd teen tyd
Raaisel oor vermiste vliegtuig dalk nooit opgelos
Voorwerpe nié deel van vermiste vliegtuigwrak
Nuwe soekgebied vir vermiste vliegtuig
Soektog na vermiste vliegtuigwrak duur voort
Malaysia Airlines betuig meegevoel met naasbestaandes
Vermiste vliegtuig het neergestort; almal aan boord oorlede
Vermiste vliegtuig: Noodvergadering belê
Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde
Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg 
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jasper ·

Net n klip in die bos.
Die vliegtuid se “Black Box” was reeds verwyder deur n sekere moontheid voordat dit in die see gestort het.

Jasper ·

Dalk nadat hulle eers hul hoogs geheime vraggie op die Maldives afgelaai het. My komment was n klip-in-die-bos. Duh !

Bodem ·

Duh! is mal oor Fritz Deelman en die Suidpool bende. So…..
i) Wie’s “hulle”?
ii) Watse “vraggie”?
iii) Oorsprong v “vraggie”?
iv) Sein v blackbox oppie eiland sou steeds bleep ?
v) Assie vraggie kla afgelaai is, waarom duikboot-duikboot mettie airoplane speel? Klip innie bos is kwaai……ma hier val net dooie mossies uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.