Cholera-dodetal styg in Zim

zimbabwe

Argieffoto

Die dodetal van die cholera-uitbreking in Zimbabwe se hoofstad Harare het tot 10 gestyg en gesondheidsowerhede het die bron van die siekte geïdentifiseer as ʼn gebarste rioolpyp wat boorgatwater besmet het vir inwoners in Glen View en Budiriro.

Daar is vrese dat die siekte ook na Glen Norah, ongeveer 14 km van die middestad, kan versprei. Teen laat Saterdag was 320 persone reeds in die hospitaal opgeneem met 223 pasiënte wat in Glen View behandel word en 100 by die Beatrice Road-hospitaal vir aansteeklike siektes. Van die pasiënte is behandel en ontslaan.

Boorgate in die betrokke gebiede is intussen afgesluit en cholera-inspuitings sal na verwagting hierdie week versprei word. Dr. Clemence Duri, raadsdirekteur van gesondheid, het gesê owerhede monitor steeds die betrokke gebiede.

“Die dodetal het tot 10 gestyg ná vyf persone Saterdagoggend dood is. Van die vyf is een van Glen Norah en die ander van Glen View. Alhoewel ons nog nie seker is oor die oorsaak van dood van die persoon van Glen Norah nie, vermoed ons dit was cholera,” het Duri gesê.

“Ons het bepaal dat die uitbreking veroorsaak is deur ʼn gebarste rioolpyp wat boorgatwater besmet het. Ons het die situasie reggestel en die pyp vervang. Twee boorgate in Glen View is afgesluit en ons sal steeds die situasie bly monitor.”

Dr. Portia Manangazira, direkteur van epidemiologie en siektebeheer vir die departement van gesondheid en kindersorg, het gesê die regering is op hoë waarskuwing en sal binnekort ʼn voorstel indien om cholera-inspuitings na hoërisikogebiede landswyd te stuur. “Ons besef die gevalle neem toe, en daarom bly ons op hoë waarskuwing gegewe die seisoen waarin ons is en dat die reënseisoen op pad is.”

Dit is die vierde keer in die afgelope 15 jaar dat cholera in Zimbabwe uitbreek. Sewe persone is in Augustus dood toe tifus in Gweru uitgebreek het. Cholera is ʼn behandelbare siekte wat vomering en diarree veroorsaak maar dodelik kan wees as dit nie dadelik behandel word nie.

Watertoevoer na meeste stedelike gebiede soos Harare en Gweru was onstabiel en inwoners het hulself na onbeskermde waterbronne gewend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

IK ·

Ons kan spog met die grootste rioolsloot in die wêreld. Dit is die Vuilrivier, voorheen die Vaalrivier.

Anoniem ·

IK, die Apiesrivier is ook deesdae net so vuil( veral in die omgewing van die Laagwaterbrug in Capital Park.) wonder net wanneer die Tshwane Metroraad dit gaan skoonmaak. Wat ‘n skande!!!

Danie ·

Wonder of hulle soos Ghana ook die koloniale bestel (+/- 40 jaar gelede) gaan beskuldig?

E.K. die eerste ·

Ek glo die tipe ding kan hier ook uitslaan met die gebrek aan onderhoud oral. So iets kan dus ook op dieselfde manier versprei…Wat ‘n suksesverhaal is die “nuwe, vry” lande van Afrika nie ne!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.