Christchurch terreur: Verdagte in hof op 50 aanklagte van moord

Foto: (AP Photo/Mark Baker)

Die man wat van die skietvoorvalle by twee moskees in Christchurch, Nieu-Seeland, beskuldig word, sal Vrydag 50 aanklagte van moord en 39 van poging tot moord in die plaaslike hooggeregshof in die gesig staar.

Die New Zealand Herald berig plaaslike polisie het dié rits aanklagte teen Brenton Harrison Tarrant, die vermeende skieter, vandeesweek aangekondig.

Tarrant sal egter nié Vrydag in die hof teenwoordig wees nie maar sal wel via oudiovisuele uitsending  vanaf ʼn gevangenissentrum by die verhoor inskakel in opdrag van regter Cameron Mander.

Tarrant is tans in aanhouding by ʼn maksimum sekuriteitsgevangenis in Paremoremo, Auckland, sedert sy eerste hofverskyning op 16 Maart – die dag nadat hy na bewering op die Masjid Al Noor- en Linwood Masjid-moskees in die stad losgebrand het.

Volgens die New Zealand Herald het 50 mense in dié skietvoorvalle omgekom en talle ander is gewond gelaat.

Die hooggeregshof het 12 aansoeke van beide Nieu-Seelandse media en buitelandse organisasies ontvang om gedurende more se hofverskyning te verfilm asook foto’s te neem of klankopnames te maak. Mander het egter dié aansoeke geweier.

Mander het verduidelik dié besluit is op grond van die integriteit van die verhoorproses wat beskerm behoort te word en ook om ʼn regverdige verhoor te verseker, berig die New Zealand Herald.

Joernaliste sal wel toegelaat word om die verhoor in die hof by te woon en notas te neem, terwyl koerante en uitsaaiers foto’s van die beskuldigde kan gebruik wat op ʼn vorige geleentheid in die hof geneem is.

Die beskuldigde se gesig moet egter in dié foto’s verbloem word op bevel van regter Paul Keller. Dié bevel bly van krag totdat Keller anders besluit.

Die publiek sal nie in die hof toegelaat word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Leon van Rensburg ·

Wat my opgeval het van hierdie video is dat daar nerens enige loed gesien word nie. Glo my vry, op die afstand wat hulle geskiet is moet daar bloed wees, baie bloed. Vra maar net

HPV ·

Sodra jy opslag gedood word stop jou hart dadelik. Maw dit kan nie meer bloed pomp of dan uitpomp nie. Dieselde in die jagveld met kopskote deur jaggewere toegedien, maar met boogjag bloei die dier uit. Dit is in werklike lewe, maar in bloed en derms flieks word hoe meer bloed hoe beter as effekte gebruik.

Matthys ·

Daar is iets glad nie reg met daai video nie, Het gesien hoe iemmand dit ontleed en dat alles ge’stage was, een persoon wat in altwee Mosques kamstig n slagoffer was. Hoe dan so? Selfde klere en al aangehad.

John ·

Oei, hoe moeg is ons al klaar vir die eerste minister wat uiteindelik aktrise-status bereik het danksy ‘n ramp. Binnekort dra alle vroue daar kopdoeke en later Australiè en dan Europa en ons, going West… vreemde tye wag…

HPV ·

John dit was tragies en moes nie gebeur het nie, net so tragies as Christene deur Islam terroriste met jagmesse onthoof word, dit moes ook nie gebeur het nie. Egter meer tragies is dat geen kerk ‘n nagwaak soos in Kaapstad vir onthoofde of vermoorde Christene gehou was nie, ook nie in NZ nie. Maar ‘n NG kerk het hul weg oop gesien om so nagwaak vir die Moslem vermoordes te hou.

Jannie ·

Daar skuil iets baie meer sinister agter hierdie voorval as wat dit op die oog af lyk!!!

Dieter ·

Ek wonder of ouens soos ISIS ‘n wraakaanval gaan uitvoer?
Seker maar net ‘n kwessie van tyd….

Cherokee ·

As ‘n aardbewing of tsunami êrens sou plaasvind, sal ISIS verantwoordelikheid verklaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.