Christusbeeld in Peru deur brand beskadig

Christusbeeld deur brand beskadig (Foto: Martin Mejia / Associated Press)

ʼn Reusagtige Christusbeeld in Peru se hoofstad is deur ʼn brand beskadig, ʼn paar dae voor pous Franciskus dié Suid-Amerikaanse land sal besoek.

Die agterkant van die beeld, ʼn replika van die bekende Christusbeeld in Rio de Janeiro, is swart van die roet.

Minstens 12 brandbestryders het reageer om die brand te blus. ʼn Woordvoerder van die brandweer in Lima het aan RPP Noticias gesê die oorsaak word nog ondersoek. Brandstigting word nie in hierdie stadium uitgesluit nie.

Die Brasiliaanse konstruksiemaatskappy Odebrecht het die 21 meter hoë beeld aan Peru geskenk. Odebrecht is in die middel van Latyns-Amerika se grootste korrupsieskandaal, waarby verskeie prominente politici van Peru betrek word. Pres. Pedro Pablo Kuczynski het in Desember ʼn mosie oorleef om hom in ʼn staat van beskuldiging te plaas oor sy verbintenis met die maatskappy.

Vir talle Peruviane is die beeld ʼn teken van die maatskappy se onwettige bedrywighede en omkopery van politici in ruil vir winsgewende staatskontrakte. Vandale het in Januarie 2017 boodskappe oor die beeld geskryf soos, “Uit die land, Odebrecht”.

Pous Franciskus besoek Maandag Chili voor hy na Peru sal vertrek. Die pous hoop om te fokus op die beskerming van die reënwoud, maar Peruviane is vol verwagting dat hy korrupsie sal aanspreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HPV ·

Omkopery en korrupsie, welkom in die klub, julle kan lesse hier by ons kom neem! Die ANC het dit vervolmaak!

sandra ·

Deu_27:15 Vervloek is die man wat ‘n gesnede of gegote beeld maak, ‘n gruwel vir die HERE, werk van ‘n ambagsman se hande,
Exo_20:4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.