Chrysler moet R1,7 miljard opdok na 4-jarige in motorbrand sterf

Remington Walden

Remington Walden

Die motorvervaardiger Chrysler moet $150 miljoen (sowat R1,7 miljard) aan ‘n gesin betaal wie se vierjarige seun dood is nadat ‘n Jeep Grand Cherokee waarin hy was aan die brand geslaan het toe ‘n ander motor van agter daarin vasgery het.

‘n Jurie van Georgia in die VSA het beslis dat Chrysler, die vervaardiger van Jeep, nagenoeg die volle bedrag moet betaal. Die jurie het beslis dat Chrysler met “roekelose verontagsaming van menslike lewe” opgetree het toe hulle ‘n 1999-Jeep aan die Walden-gesin verkoop het met ‘n brandstoftenk wat agterop die agteras gemonteer was.

Die vierjarige Remington Walden is in Maart 2012 dood toe die Jeep, wat deur sy tannie bestuur is, deur ‘n ander motor van agter af getref is. Die brandstoftenk het gelek en die Jeep het aan die brand geslaan.

Die hofbeslissing kom nagenoeg twee jaar nadat Chrysler met ‘n federale veiligheidsagentskap onderhandel en ooreengekom het om van die ouer-model Jeeps met die gemonteerde brandstoftenks te herroep. Volgens federale dokumente is minstens 75 mense al dood in brande wat uitgebreek het weens die tenks.

Chrysler het reeds aangedui dat hy teen uitspraak sal appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Afrikaner ·

Verskaf aan ons volk die volle besonderhede van die motor sodat on kan ondersoek instel of ons ook deur die spesifieke model geraak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.