CIA hét gemartel – verslag

Foto: CIA/Facebook

Foto: CIA/Facebook

Die CIA het gevangenes gemartel ná die 11 September 2001-aanvalle op die VSA waartydens onder meer die Twin Towers in New York en die Pentagon in Washington aangeval is.

Dit blyk uit ’n verslag oor ondervragingstegnieke deur die CIA wat Dinsdag aan die Amerikaanse Kongres beskikbaar gestel is. Dokumente bestaande uit ses miljoen bladsye is vir die samestelling van die verslag van meer as 500 bladsye bestudeer. Verrassend min funksionarisse was by die mishandeling betrokke.

Groot kommer bestaan dat onthullings in die verslag daartoe sal lei dat verskerpte terreuraanvalle op Amerikaanse burgers en teikens veral in die Midde-Ooste sal volg. Veiligheidsmaatreëls is waar moontlik verskerp.

Omdat heelwat van die inligting in die verslag, wat deur senator Dianne Feinstein (D) van Kalifornië, voorsitter van die Kongres se Intelligensiekomitee, ingedien is, reeds vooraf uitgelek het, is die media in die VSA vandag reeds in volle swang met nabetragting. Die Christian Science Monitor skryf dat daar ‘n toenemende konsensus (onder Amerikaanse burgers) ontwikkel dat marteling afskuwelik is.

Die CIA het skynbaar die Kongres in die duister gehou oor die metodes wat gebruik is om gevangenes te ondervra. Weens die skok van die 11 September-aanvalle is daar ook nie te veel vrae gevra oor die metodes wat gebruik is nie.

Trouw skryf dat min sukses met die martelmetodes behaal is. Die koerant haal ook Amerikaners aan wat meen dit is belangrik dat Amerikaners nou hul eie afskuwelike verlede onder oë moet neem. Die CIA het egter volgehou dat die aanhoudings- en ondervragingsmetodes wel menselewens gered het, maar het erken dat foute gemaak is.

Onder die martelmetodes wat aan die lig kom, is dat een gevangene gesterf het terwyl hy aan die vloer vasgeketting was, water wat soms rektaal toegedien is, gevangenes wat aan koue blootgestel is en slaapweerhouding.

• Die VSA is nie ‘n ondertekenaar van die Statuut van Rome waarkragtens die Internasionale Strafhof ingestel is nie, juis om sy burgers teen optrede te beskerm wat strydig met die statuut is.
• Die top ses bevindinge kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Neels ·

Dalk moet ons die ouens kry om die waarheid uit te vind oor Nkandla en die wapen tranaksie…

Asjas ·

Ek blammeer die Amerikaners glad nie. Ek sal persoonlik nie so iets kan doen nie maar ek gaan nie iemand veroordeel wat dit gedoen het nie. Ek verstaan dat n tweede aanval is gekeer te danke aan die inligting wat hulle “bekom” het.

Lin ·

Suid Afrika het HULLE nodig ,ek stem Neels. Moeg vir Al die GEMORS in die land, moord,roof, lagwekkende SAPS , HULLE Kan kom !! Stem ✌️

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.