Clinton of Trump? ʼn Verkiesing van eerstes

trump en clinton

Donald Trump en Hillary Clinton.

Die Amerikaanse verkiesing vind Dinsdag plaas waarna Hillary Clinton of Donald Trump die 45ste president sal wees.

Volgens die jongste peilings is Hillary Clinton, die Demokrate se presidentskandidaat, ʼn persentasiepunt of twee voor die Republikeinse kandidaat, Donald Trump, in vanjaar se verkiesingstryd.

Ontleders is dit eens dat die 2016-verkiesing die mees omstrede en ongewildste presidentskandidate nog vir beide die Demokrate, sowel as Republikeine in ʼn verkiesingsveldtog opgelewer het.

Die veldtog is ook gekenmerk deur politieke moddergooiery – selfs meer as gewoonlik – en Amerikaanse verkiesingsveldtogte is omtrent berug hiervoor. Hillary Clinton is tot laat verlede week nog deur die FBI ondersoek vir haar gebruik van ʼn private e-posbediener vir geheime kommunikasie tydens haar tyd as minister van buitelandse sake. Trump word wyd van ondemokratiese gedrag beskuldig en het uitlatings gemaak wat ʼn mens se hare laat rys.

Dit is ook ʼn verkiesing met baie eerstes: Clinton is die eerste vrou wat as presidentskandidaat van ʼn hoofstroomparty staan en ook die eerste voormalige presidentsvrou wat vir dié amp verkiesbaar is. Trump is weer die eerste buitestaander-kandidaat, met weinig politieke ondervinding vir ʼn hoofstroomparty. Hy is ook die eerste kandidaat wat deur sy eie partyleierskorps verwerp is en boonop die eerste kandidaat wat weier om sy belastingsopgawes bekend te maak.

Die gevolge hiervan, volgens ontleders, mag moontlik wees dat minder Amerikaners môre hul kruisie in die verkiesing sal gaan trek. Die jongste meningspeiling, wat oor die afgelope 18 maande bygehou is, dui egter daarop dat Amerikaners Clinton steeds effens meer aanvaarbaar vind as ʼn president.

Die sogenaamde “battleground” of “swing”-state, soos Florida, Pennsilvanië en Ohio, bly ʼn bepalende faktor in die uitslag van môre se verkiesing. Die Amerikaanse presidentsverkiesing word ook nie altyd deur die nasionale stemuitslag bepaal nie. Mense wat dié land se politiek volg, sal onthou George W Bush het in 2000 die Amerikaanse president geword, al het hy 500 000 minder stemme as sy mededinger, Al Gore, gekry.

Die wenner van die VSA se verkiesing word deur ʼn kieskollege aangewys. Elke staat kry ʼn aantal afgevaardigdes volgens die bevolkingsgestal van die staat, met ʼn minimum van drie stemme vir state soos Wyoming, Alaska en Noord-Dakota, wat baie klein bevolkings het. ʼn Kandidaat moet 270 stemme uit die kieskollege op hom verenig om te wen. Hy moet dus ʼn kombinasie van state wen, waarvan die totale aantal afgevaardigdes tot die kieskollege 270 of meer is.

Real ClearPolitics voorspel Clinton sal waarskynlik reeds 259 stemme in die sakkie hê, teenoor Trump se 164. Hulle wil egter nie ʼn mening waag oor wie die oorblywende 155 stemme in deelstate met groot bevolkings, soos Ohio, Noord-Carolina, Georgia, Florida en Arizona gaan wen nie.

ʼn Kandidaat het verder ook die oorweldigende steun van vroue-, swart- en Latyns-Amerikaanse kiesers nodig om president te word.

Die vraag is egter ook wat na môre se verkiesing gaan gebeur, maak nie saak wie die Withuis as president betree nie. Die laaste twee dekades voer die opposisie ʼn guerrilla-oorlog om die lewe vir die president byna onmoontlik te maak. Dit beteken die vuil verkiesingsveldtog van 2016 is nog lank nie verby nie, maar mag dalk moontlik nou eers net begin het.

  • Suid-Afrika sal teen vroeg Woensdagoggend weet wie Amerika se nuwe president is.
  • Volg Maroela Media se dekking van dié verkiesing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Buitestander ·

Luister Jannie,
VSA speel ‘n belangrike rol in die wêreld ekonomie. So as dinge daar skeef loop kan wêreld ekonomië en geldeenhede swaar getref word!
Wees nugter en moet nie onsin praat nie.

bakoor ·

Buitestaande
Ek dink nugter want ek is nog by die werk. Maar nou gaan ek blue label whiskey saam met die groot manne in saxonworld se berigte sjebeen drink. Weet nie hoe mugter ek gaan bly nie

Marie ·

Ek hoop Trump wen one her so man eintlik in Suid Afrika nodig vir president

Liza ·

Amerika het ‘n hengse invloed oor die wereld ekonomie! As jy nie omgee nie het seker nie ‘n clue wat aangaan in ekonomie nie?

Bruno Stef ·

Die liberale media in Amerika en wereldwyd praat en skryf die simpele Clinton by voorbaat in hulle voorspellings as die wenner van die verkiesing aan.Dit kan een van die grootste blapse wees vorentoe die Amerikaners gaan nog lang trane huil sy is n pion van die NWO.

hein ·

Ja, die Amerikaanse politiek het nou nie veel met ons te doen nie maar dit het tog n groot impak op afrika as n geheel watter kandidaat wen more. En elkeen het sy voor en nadele. Trump is openlik nie vreeslik pro Afrika nie (of enige iemand wat nie sy eie ras is nie) en Clinton het hierdie donker ondertoon van haar man se geskiedenis. Nee ek bedoel nie al die nuwe interns wat hy nou weer gaan bykom nie maar hulle bande met die onwettige olie handel onderwereld wat hulle baie moeite doen om weg te steek. Dit kan Amerika baie seermaak en baie ander lande saam met dit. Die heel eerste gulf oorlog het jiis as gevolg daarvan ontstaan. Dit was al geopenbaar dat Bill n vtiendskap gehad het met die Binladens. Wat sal Hillary so verskillend maak. Daar steek finansieel mos baie in n prisedentskap. Vra maar vir zuma

lisaan ·

Sou die Clintons iets te doen gehad het met olie en die Binladens, sou Trump nie n oomblik geweifel het om dit die wereld in te stuur nie. Die Bushes het wel alles gedoen waarvan julle die Clintons van beskuldig. Die Amerikaanse sake raak ons nogal. Let op dat die aandele begin lewe toon het nadat Hillary se sake deur die FBI uitgeklaar was. Trump is geen goeie nuus vir niemand behalwe homself nie.

Cherokee ·

Lisaan, toe ek die eerste sin in jou skrywe lees het dit sinvol geklink. Maar ook net die eerste sin kon spog daarmee.

Hendrik ·

Dis baie waar. Clinton vertel self met trots dat sy persoonlik die verloop van Bin Laden se dood in die Withuis gevolg het. Die republikeine het niks met enige substansie teen Clinton nie. Die “epos skandaal” is hulle sterkste saak, en die FBI het sopas vir die tweede maal bevind dat hulle haar nie daaroor kan vervolg nie. Trump se foute word aan die ander kant oor die hoof gesien. Clinton is nie sonder foute nie – haar siening oor aborsie walg my, maar as ek na al die faktore saam kyk, het sy ‘n beter plan vir Amerika as Trump. In 2016 het 1% van die rykste mense in die wêreld meer as die helfte van die welvaart besit. Met Trump se plan om ongekende belastingkortings aan die super rykes en groot maatskappye te gee, sal daardie situasie net vererger.

vermeende ·

Hierdie verkiesing in Amerika raak ons meer aswat ons besef.
As Trump sou wen dan is die kans baie goed dat die wereld ekonomie induie kan stort, die markte is n Trump oorwining nie vriendelik nie en riageer negatief op Trump.
As Hillery sou wen dan is die kans baie goed vir WW3 aangesien Hillery druk om voetsoldate na Syrie te stuur, Putin het reeds hieroor gewaarsku en het ook al reeds sy publiek begin voorberei vir n groot kern oorlog met NATO en VSA.

Hierdie verkiesing hou niks koeds in vir die wereld nie.

gatiep ·

Vermeende alles 100% waar wat jy se behalwe dat die 3de wereld oorlog lankal begin het. Trump moet inkom om dit te stop anders gaan dit te laat wees en ons Suid Afrikaners slaap nog steeds worry nie wat aangaan in wereld nie.
Dan wil hulle weet hoekom hulle nou aan die agterste speen suig.

Cherokee ·

Lizaan, dit kan op geen manier betwyfel word dat Trump die Weste se oplossing is om die verswelging van moslems teen te staan. Europa is besig om te vermoslem en dit is ook die toekoms van die Amerikaanse State indien julle wens om Clinton in die stoel te kry, realiseer.

Cherokee ·

Dus Lizaan, elkeen se opinie moet op ‘n grondige rede berus.

HV ·

Soos ek dit sien — wen Clinton gaan die wêreld sy derde wêreld oorlog kry met n gepaardgaande kern oorlog , Suid Afrika gaan ook een van Amerika so protektorate word. Daar gaan n massiewe devalueer van die dollar kom. VSA se verkiesing het groot invloed op SA. Wen Tromp kan ons dalk die einde van opstande oor allerhande goed in SA sien.

Bosbok ·

Wel as dit Amerika se mees omstrede en ongewildste presidentskandidate nog is, hoe pateties moes die ander kanidate nie gewees het dat die Amerikaners op die 2 besluit het nie. Klink my egter Amerika gaan ook n sirkus nar vir n president kry…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.