Clinton reeds genoeg steun vir Demokrate-benoeming

Hillary Clinton Maandag in Los Angeles. Foto: AP Photo/John Locher

Hillary Clinton Maandag in Los Angeles. Foto: AP Photo/John Locher

Hillary Clinton (68) het genoeg steun van afgevaardigdes om as die Demokrate se presidensiële kandidaat aangewys te word.

Volgens Amerikaanse media het Clinton weens haar oorwinnings die naweek en die steun wat sogenaamde superafgevaardigdes aan haar beloof het, tans 2 383 afgevaardigdes om as presidentskandidaat aangewys te word.

Volgens CNN sal Clinton die eerste vrou in Amerika se 240 jaar geskiedenis word om as presidensiële kandidaat van ʼn groot politieke party te dien.

Die miljardêr-sakeman Donald Trump het einde verlede maand die getal afgevaardigdes bereik om die Republikeinse nominasie vir die Amerikaanse presidentskap syne te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bruno Stef ·

Sy het darem beter kwalifikasies as haar eweknie in SA maar ek het my bedenkinge met haar bevoegdheid om so n pos te kan beklee. n Beter roep is verseker Donald Trump wat op eie stoom en besigheidsbrein dit baie ver gebring het maar dit hang natuurlik af hoeveel “Chicken Feed” die geldmagte en Liberaliste bereid is om uit te deel.

JoeV ·

Net so, ek dink die blanke bevolking sal ‘n nuwe vyand in Clinton by kry.

Koos ·

Trump vir President ……. beste ding wat ooit met die VSA kan gebeur hy sal weer die wanbalanse regstel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.