Volgens Amerikaanse media het Clinton weens haar oorwinnings die naweek en die steun wat sogenaamde superafgevaardigdes aan haar beloof het, tans 2 383 afgevaardigdes om as presidentskandidaat aangewys te word.
Volgens CNN sal Clinton die eerste vrou in Amerika se 240 jaar geskiedenis word om as presidensiële kandidaat van ʼn groot politieke party te dien.
Die miljardêr-sakeman Donald Trump het einde verlede maand die getal afgevaardigdes bereik om die Republikeinse nominasie vir die Amerikaanse presidentskap syne te maak.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Sy het darem beter kwalifikasies as haar eweknie in SA maar ek het my bedenkinge met haar bevoegdheid om so n pos te kan beklee. n Beter roep is verseker Donald Trump wat op eie stoom en besigheidsbrein dit baie ver gebring het maar dit hang natuurlik af hoeveel “Chicken Feed” die geldmagte en Liberaliste bereid is om uit te deel.
Dankie tog!!! Nou weet ek wie gaan nuwe President word!
Trump vir President ……. beste ding wat ooit met die VSA kan gebeur hy sal weer die wanbalanse regstel