Clinton het met 84,2% van die stemme gewen terwyl Bernie Sanders slegs 12,2% van die stemme op hom kon vestig.
Die Maagde-eilandgroep is een van vyf Amerikaanse gebiede wat stem om presidentskandidate aan te wys, hoewel inwoners nie in November se verkiesing kan stem nie.
Clinton het nou die steun van 2 323 afgevaardigdes teenoor Sanders se 1 547. ʼn Kandidaat kort 2 383 afgevaardigdes om te wen. Ses state, waaronder New Jersey en Kalifornië, sal Dinsdag stem met 694 afgevaardigdes wat op die spel is.
Die miljardêr-sakeman Donald Trump het einde verlede maand die getal afgevaardigdes bereik om die Republikeinse nominasie vir die Amerikaanse presidentskap syne te maak.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
19 Kommentare
Hartseer om te dink dit is die beste leierskap in VSA
Hoop Trump klop haar
U go Hillary. Trump is net n by sakie
Mag die wereld tog gespaar word van daai vroumens.
Trump vir presedent asb.
BAIE MOLESTE KOM NOG TUSSEN TRUMP EN HILLARY CLINTON!Sy is geen engeltjie nie! Sy en die Obama-administrasie was verantwoordelik vir 300000 Sieiese burgers se dood waarvan talle Christene was! Sy het ook geheime inligting gestoor op haar rekenaar wat sy nie veronderstel was om te doen nie.Die Bush -en Clinton families hou Amerika vir jare gyselaar en eet uit die hande van die nuwe wereldorde.Wees maar op die uitkyk vir Hillary se skandale! Groot moleste kom nog!