Clinton sterk op pad na Demokrate-benoeming

Hillary Clinton

Hillary Clinton

Hillary Clinton het ʼn wegholoorwinning behaal in die Maagde-eilandgroep en is nou nog ʼn stap nader om as die Demokrate se presidentskandidaat aangewys te word.

Clinton het met 84,2% van die stemme gewen terwyl Bernie Sanders slegs 12,2% van die stemme op hom kon vestig.

Die Maagde-eilandgroep is een van vyf Amerikaanse gebiede wat stem om presidentskandidate aan te wys, hoewel inwoners nie in November se verkiesing kan stem nie.

Clinton het nou die steun van 2 323 afgevaardigdes teenoor Sanders se 1 547. ʼn Kandidaat kort 2 383 afgevaardigdes om te wen. Ses state, waaronder New Jersey en Kalifornië, sal Dinsdag stem met 694 afgevaardigdes wat op die spel is.

Die miljardêr-sakeman Donald Trump het einde verlede maand die getal afgevaardigdes bereik om die Republikeinse nominasie vir die Amerikaanse presidentskap syne te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Sum ·

Bly om jou in te lig… Die wit heks ís verseker nie die beste leierskap is die VSA nie! Daar is ‘n man wat die VSA weer ‘great’ gaan maak. Wat NIE deel is van die wereld wye NWO nie; Wat nie buig voor die zioniste bankiers nie; Wat nie deel is van globalisme nie; Wat nie buig voor die okkultiese liberale kommunistiese media nie. Wat omgee en sorg vir sy mense. Wat ‘n plan het teen terrorisme en onwettige immigrante; Ons moet bid dat hy ons ook kom help uit die hel… Donald Trump vir President 2016! Hil-lair-y for prison 2016!

gatiep ·

Mag die wereld tog gespaar word van daai vroumens.
Trump vir presedent asb.

Rynhardt ·

BAIE MOLESTE KOM NOG TUSSEN TRUMP EN HILLARY CLINTON!Sy is geen engeltjie nie! Sy en die Obama-administrasie was verantwoordelik vir 300000 Sieiese burgers se dood waarvan talle Christene was! Sy het ook geheime inligting gestoor op haar rekenaar wat sy nie veronderstel was om te doen nie.Die Bush -en Clinton families hou Amerika vir jare gyselaar en eet uit die hande van die nuwe wereldorde.Wees maar op die uitkyk vir Hillary se skandale! Groot moleste kom nog!

Uys ·

Maroela is dit aanvaarbaar om ń naam te vertaal.
Holland is Holland.
So ook met baie ander name.
Virgen Islands kan nie vertaal word nie en niemand weet van die Maagde eilande nie.
Ek sal graag die maagde wil besoek.
Weet nie wat ek daar gaan doen nie, maar weet wel wat ek by Virgen Island kan doen en te verwag.

Cherokee ·

Uys, ek het ook oor die vertaling geglimlag maar is dit Kaapstad of is dit Cape Town? En is dit Amerika of is dit America?

Rens Roodt ·

In ons Aardrykskunde boeke van die sewentigs was beide name gebruik – Maagde eiland en Virgin island – so ek glo dat boonste korrek is

Stan ·

Die wêreld is in die knyp as Trump nie wen nie. Die tyd vir Liberale ia verby. Ons moet terug keer na Christelike waardes toe. Met Trump en Putin (sedert hy aan bewind gekom het in sy land het hy meer as 2000 kerke laat herbou) het ek hoop.

christine ·

Selfs Trump se kinders dink hys streng. Klink my soos die man wat SA nodig het, as jy nie werk nie moet jy gaan, as jy nie die werk wat jy het kan doen nie moet van jou boude opstaan en nie jou broek blink sit nie. Al die goed wat hy se maak sin Amerika go for Trump sy hare is bysaak

Landman ·

Uys, dit is inderdaad Maagde-eilande in korrekte Afrikaans. Maroela is in die kol.

Donald ·

Jong, ek het eintlik heelwat werk hier in Amerika. Stel solank maar ‘n ander arbeider aan om die werk te doen. Kyk of julle een met ‘n hoërskooldiploma kan opspoor. Sal later sien wat ek daar by julle kan doen.

Popcorn. ·

Lag lekker vir almal wat wil he Donald Trump moet SA help. Donald Trump is so gewild want hy gaan slegs na sy eie land omsien. Hy gaan vere voel vir ander lande en troepe orals ontrek. Ek sou ook. En hierdie goeie ooreenkomste wat SA het met die VSA mag hy dalk net verander om meer geld te maak vir die VSA. Droom voort mense. Beter doller, swakker rand. Wie betaal meer vir diesel om te boer? Ek en jy. Wie gaan heelpad verloor? Nie net die regering nie, maar almal wat in en uitvoer.

Sum ·

shame ou poppie… Is jy bekommerd oor die wisselkoers en pertrol pryse?? Ek het slegte nuus vir almal wat onder ‘n klip bly- AS die wit heks aan bewind kom gaan daar later nie meer petrol wees nie; As sy voorgaan met daai s@aniese hoepriester Obamination, se goddelose werk nl. om die wereld in ‘n Sodom en gamorra te verander, gaan ALMAL in slawerny en kommunistiese geweld verneder word. Christene gaan wereldwyd vervolg en doodgemaak word. Daar gaan nie ‘n vrymark stelsel wees nie , maar randsoene terwyl jy klippe kap; Hulle gaan die hele wereld in anargie, oorloe en rasse haat indompel, sodat hulle leuse en doelwitte in vervulling kan gaan- die “Georgia guidestones”. Hierdie politieke poppe word voorgeskryf om God se skepping te vernietig vir hulle werkgewers, die Z-bankiers, wat vir die’ man daaronder werk…. Of jy weet wat aangaan, of jy bly onder jou klip. SA word wakker…

Nico K ·

Ek stem saam dat die mense droom as hulle dink Trump gaan enige iets doen vir SA. Zuma is nie in sy gedagtes nie. En almal wat so praat van Trump as Christen. Hoof van Playboy ‘n Christen??? Komaan. En dan skud ek my kop as ek hoor mense soos Uys sê mens mag nie name vertaal nie. Jy het nie mooi gedink nie. Die Engelse praat van Germany. En jy dink dit is nie vertaal nie? Alle lande se name word vertaal. Deur alle taalgroepe.

Sum ·

Trump, playboy se se hoof?? ASSEBLIEEEEEF, kry feitelike informasie!

gatiep ·

Sum kan sien jy het jou huiswerk goed gedoen.
Ons Suid Afrikaners sal nie wakker word nie nie want hulle is blind gestaar teen Zuma en het nie n idee wat aangaan in die wereld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.