Clooneys vergoed bure ruim vir ongerief

George en Amal Clooney (Foto: E! Online/Facebook)

George en Amal Clooney het hul bure omtrént ruim vergoed vir die ongerief wat die bouwerk aan hul herehuis veroorsaak.

Dailymail.co.uk berig die akteur en sy prokureur-vrou het in totaal €45 000 (ongeveer R665 000) aan John en Clare Grove gegee om jammer te sê oor die vragmotors en bouers wat al meer as ʼn jaar lank die paaie in die Sonning, ʼn dorpie aan die Teems in Berkshire, Engeland, van tyd tot tyd blokkeer.

Dié pakket sluit in ʼn Griekse eilandvakansie, ʼn ses week lange verblyf in ʼn luukse hotel, ʼn stofsuier en ʼn bedrag van €30 000.

Die bouwerk aan die Clooneys se huis het al in 2015 begin en sluit die bou van ʼn binnehuise teater, ʼn reuse-swembad en ʼn tennisbaan in.

In een stadium is daar selfs 1 000 volwasse bome aangery en aangeplant.

Die herehuis is glo sowat €23,5 miljoen (ongeveer R342 miljoen) werd.

Bron: Dailymail.co.uk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jakob ·

Ek dink as jy kan bekostig om langs die Clooney’s te bly, jy nie regtig dié geld nodig het nie.

Maggie ·

Hope geld;
‘n luukse vakansie en
wag … hier kom dit … en …
‘n stofsuier ?

Hendrik van George ·

Ha Ha, yip, moet seker n FANTASTIESE stofsuier wees…

Lou ·

Ek bly nie direk langs hulle nie, maar ek is seker een van daai lorries het hier naby verby gery. Ek sal darem met bietjie minder tevrede wees.

Meer verstand ·

Meer verstand as diegene wat uit hulle Gauteng-hole hier langs die Vaaldam oor naweke en vakansiedae plekke se rustigheid kom versteur.

Merkur ·

George Clooney, een van die grootste huigelaars op aarde. Hy appelleer aan Europa en Duitsland om meer vir vlugtelinge te doen. Self het hy nie ´n enkele vlugteling opgeneem in een van sy talryke herehuise nie.

George se vrind ·

Nee wat

As ek sy buurman was sou ek eenvoudig gese het dis nou maar hoe dinge werk. Doen jou bou-ding tot jy klaar is en, omdat ons bure is, kom oor vir ‘n braai en nooi my dan en wan vir ‘n rooiwyn, koffie of craft biertjie dat ons oor gemeenplasies kan gesels. Jy’s ook welkom om my elektriese boor of ‘n moersleutel te kom leen soos nodig. Ek peuter graag aan ou karre en is nogal handvaardig; wat van ons bou ‘n lekker klimraam vir jou kroos?

Nee wat, ek en ou George sal goeie bure wees.

Koekeloerder ·

As ek nou sy buurman was sou ek hoop hy bou nie die grensmuur te hoog nie

Sou darem graag wou loer as mev Clooney blommetjies plant!

Leon ·

Die stofsuier:- “Buurman, vang ‘n tip oor jou huis se netheid”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.