CNN dank medewerker af oor Palestina-uitsprake

Prof. Marc Lamont Hill. Foto: Facebook

CNN het sy bande verbreek met ʼn gereelde politieke medewerker wat Israel in ʼn toespraak voor die Verenigde Nasies van “staatsgeweld en etniese suiwering” beskuldig het en voorspraak vir ʼn eenstaatoplossing gemaak het.

ʼn CNN-woordvoerder het in ʼn kort verklaring gesê dat Marc Lamont Hill, ʼn professor in mediastudies aan die Temple-universiteit, “nie langer onder kontrak” met die nuuskanaal is nie, berig Al Jazeera.

Die netwerk het geen rede verstrek nie, maar drukgroepe soos die Anti-Defamation League (ADL), ʼn wêreldwye Joodse organisasie wat onder meer “anti-Semitisme bestry en demokratiese ideale bevorder”, en ander organisasies het beswaar gemaak teen sy uitlatings.

Hill, ʼn gereelde kommentator oor politieke gebeure vir CNN, het ʼn beroep gedoen vir “ʼn enkele, sekulêre staat [in die Midde-Ooste] vir almal” tydens ʼn vergadering van die VN ter viering van Wêrelddag van Solidariteit met die Palestynse Bevolking, en gevra “Palestina moet van die rivier tot die see bevry word”.

Die ADL sê laasgenoemde frase is ʼn versluierde oproep vir die vernietiging van Israel en bygevoeg die VN-geleentheid het “verdeeldheid en haat bevorder”.

Hill het sy toespraak op sosiale media verdedig deur te sê hy is nie ʼn voorstander van anti-Semitisme nie en dat sy verwysings na die “rivier tot die see” nie ʼn oproep was om enigiets te vernietig nie.

Hy het gesê hy ondersteun Palestynse vryheid en selfbeskikking. “Ek is uiters krities oor Israeliese beleid en praktyk,” het hy laat hoor. “Ek ondersteun nie anti-Semitisme, nie die doodmaak van Joodse mense of enigiets anders wat aan my toespraak toegedig word nie.”

Al Jazeera berig daar is in die jongste jare ʼn oplewing in steun onder Palestyne vir die idee van ʼn eenstaatoplossing, wat talle beweer gelyke regte vir die Palestyne en Israeliese Jode in die hele historiese Palestina sal verseker.

Volgens die jongste beskikbare syfers bestaan Israel se bevolking uit 74,7% Jode, 17,7% Moslems en 2% Christene, wat neerkom op 6,64 miljoen Jode. In ʼn verenigde staat van Israel (8,9 miljoen inwoners) en Palestina (4,8 miljoen inwoners) sal Jode ʼn minderheid van 49% van die bevolking uitmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Cherokee ·

Reitz en Jan, die logiese afleiding om te maak is dat julle twee Hill ondersteun.

Ander Koos ·

Indien Israel ooit eenstaat beleid aanvaar sal Jode wat daar woon in dieselde bootjie wees as wit Suid-Afrikaners tans

PJC ·

Ja Ander Koos die jode kan maar net in SA kom kyk wat die uiteinde van ń een staat oplossing is. Ek dink nie enigiemand sal willens en wetens hulle in so iets wil begewe nie. Ongelukkig is die Afrikaners deur verraad daarin gedompel en niemand het raad oor hoe om weer daariut te kom nie.

Daan Erasmus ·

Ag nee. Fox nuus is nie betroubaar nie. Daar is onafhanklike instellings wat nuus kanale se FEITE nagaan. Alle kanale het maar ‘n hoek waaruit hul verslag doen. Maar feite bly feite. Google: this is a Apple.

Sê maar net ·

Nee wat. Die man praat die waarheid. Die jode se monde is groot oor apartheid en moedig rasse integrasie aan en sit agter al europa se probleme. Die man is sy werk kwyt omdat hy die waarheid gepraat het. Gaan kyk in Israel wat is apartheid. Voordat enige iemand in Israel kan gaan bly word sy bloed en dna getoets. Durf die ander labde dit doen, dan is die gord behoorlik gaar.

Cherokee ·

O, jy is ook een van daardie ‘sê maar net’s’ en wil daarmee jul liberalisme daarmee bevorder.

Boerboel ·

Die ADL het 2 weke gelede in n CNN artikel breedvoerig uitgewei dat plaasmoorde slegs ‘n ver-regse Neo-Nazi versinsel is deur SA blankes wat hul voorregte onder Apartheid mis. In dieselfde artikel is Afriforum uitgemaak as n rassistiese, reaksionere organisasie wat leuens en regse propaganda uitpomp. Dat CNN en die ADL sulke haatlike anti-Afrikaner versprei is te verwagte. Ons is ongelukkig in dieselfde kamp as die Palestyne- ‘n gehate minderheid en internasionale slaansak sonder regte wie liefs gou uitgemoor en uitgedelg moet word sodat die links-liberale self-hatende gespuis se gewetes gesus moet word.

Sputnik ·

Sê maar net, dit is sekerlik gort wat gaar sal wees! ;-)

Cornelia ·

En watter volk of individu sal die erfdeel van Israel wat God self aan hulle gegee het as ‘n ewige besitting, aantas en daarmee wegkom? Israel se eie vergrype word nêrens goedgekeur deur God nie. Maar dat dit ‘n unieke volk is, met wie God self ‘n God tot volk verbond gesluit het, is ‘n onwegredeneerbare werklikheid. Laat Afrika se “reus” voor hul eie deur vee. Baie gou om plat te val wanneer sy suggesties reg geïnterpreteer word. Dit klink bekend. ” Ek sê wat ek bedoel maar bedoel nie wat ek sê nie.”

Baas ·

Waar in die Bybel staan die verbond is met die Jode gesluit?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.