CNN pos vrou oor ‘onthoofde Trump-kop’

‘n Geredigeerde weergawe van die foto wat die herrie veroorsaak het (Foto: Mirror)

CNN het die Amerikaanse komediant Kathy Griffin die trekpas gegee ná sy ʼn herrie ontketen het oor ʼn foto waarin die komediant skynbaar die onthoofde bebloede kop van die Amerikaanse president, Donald Trump, vashou.

Griffin (56) is vandeesweek in ʼn massahisterie gedompel nadat dié foto deur talle politieke partye, instansies en individue veroordeel is.

Die komediant het dié foto, geneem deur die omstrede fotograaf Tyler Shields, as deel van ʼn skets gebruik waarin sy na pres. Trump gekap het.

Verskeie lede van die Trump-familie, onder wie die president en sy seun Donald Trump jr., het hulle tot sosiale media gewend om die komediant oor die foto aan te spreek.

“Só iets is kru en verkeerd,” het Trump Jr. op Twitter laat hoor. “Dit is nooit snaaks om grappe te maak oor die moord op ʼn president nie. Dit is afskuwelik, maar nie verrassend nie – dis presies hoe die linkses vandag optree. Hulle dink só iets is aanvaarbaar.”

In ʼn verklaring aan die media, het president Trump ook sy ontsteltenis oor dié foto uitgespreek en gesê sy 11-jarige seun, Barron, het gedink hy is oorlede toe hy die foto sien.

Kathy Griffin (Foto: ANA)

CNN het intussen gesê die nuusorganisasie het sy kontrak met Griffin beëindig as gevolg van dié foto. Die komediant sal alvorens ʼn verklaring nié meer op CNN se Nuwejaarsprogram verskyn soos die afgelope dekade nie.

Griffin het haar intussen ook tot Twitter gewend om in ʼn video om verskoning te vra oor haar besluit om dié foto te gebruik en oor die herrie wat dit veroorsaak het.

“Ek sien nou wat die reaksie op hierdie beelde is. Ek is ʼn komediant, en oorskry grense. Ek skuif grense, en oorskry dit dan. Ek het egter te ver gegaan, en daarvoor smeek ek julle om vergifnis.”

Volgens berigte het talle ander maatskappye ook afstand van die komediant gedoen. ʼn Dobbelhuis in Nieu-Mexiko het onder meer ʼn optrede van haar gekanselleer, terwyl twee advertensiekontrakte met die komediant reeds gekanselleer is.

Die 56-jarige komediant is in 2005 ook deur die televisiekanaal E! Entertainment die trekpas gegee nadat sy gespot het die jong Amerikaanse aktrise Dakota Fanning is in ʼn rehabilitasiekliniek opgeneem.

In 2007 moes dié kanaal weer bontstaan toe sy tydens haar aanvaardingstoespraak vir die Emmy-toekenning vir haar program, Kathy Griffin: My life on the D-List, lasterlike aanmerkings gemaak het.

Hoewel sy in 2012 aan CBS gesê het sy het ʼn “geen jammer sê nie”-beleid, het die komediant in haar mees onlangse Twitter-video gesê sy hoop sy kan haar geloofwaardigheid in die oë van aanhangers herstel.

Bron: Mirror

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

A ·

Het niemand meer respek vir niks in hierdie lewe nie? As jy nie van iemand hou of saamstem met wat die persoon doen nie, is dit geen rede om so op te tree nie. Ek dink as mense weer respek het vir mekaar en vir diere en vir die aarde ens. sal dinge weer beter gaan.

Marcel ·

As ek Trump was dan maak ek ‘n voorbeeld van haar, gaan lê ‘n klag. Ek is seker daai is amper poging tot moord, laat haar toesluit, dis al wat mense sal laat leer.

t ·

Op die minste is dit aanhitsing. In Amerika is daar juis ‘n klomp mense met raaskoppies wat dit as ‘n teken sal beskou om êrens weer ‘n massaskietery te begin.

Ai ·

Ja en die einste Westerse liberale virus is besig om Suid Afrika te besmet. Die mense het geen perke nie. Sal nie eers hier skryf wat Sarah Silverman kwytgeraak het nie.

John ·

Nou toe nou CNN wat die probleem begin het… En net more blink haar ster weer elders dalk by die New York Times wat dieselfde gif saai… of as Hillary se regterhandjie… Laasgenoemde klap mos hande of drink tee saam met haar vriendinne as leiers en eie gesante sneuwel.

Haarkapper ·

JA WAT dit is tyd dat julle ook nou LEER om te DINK voordat julle net DOEN!! Die mense dink hulle is above the law .. . Lyk ook nou nie juis asof haar hare beter lyk nie maar toemaar!

Johan. H. ·

Trap haar hulle dink hulle kan wegkom omdat hulle sogenaamde komediante is,, En seker ook omdat sy n vrueis,,,Mens verwag meer van volwassenes. Sies

Annette Stander ·

Dit is werklik in swak smaak! Ongeag of jy van Trump hou of nie

Lea ·

En Trevor Noah moet ook dieselfde paadjie loop..Trump moet hom sommer deporteer..by is gans the groot vir sy skoene en dit nogal as n immigrant!

Theresa ·

Sjoe maar sy vat ‘n vet kans om so onverskillig te wees. Nogal met baie moeite, want sy moes tog die “kop”laat maak het. So sy was doelbewus vir etlike ure en dae besig om hierdie goor grappie te bedink en te bedoen. Baie onverskillig in hierdie dae van haat en nyd.

al ·

Ñ Baie duur dom grappie van haar. Flou ook bygesê en ja heelwat beplanning vooraf.

Hannes ·

Die linkses en liberale is vandag net sulke ekstremiste soos wat die regses en konserwatiewes 50 jaar terug was.

Hulle het presies dit geword waarteen hulle baklei het…..

Cherokee ·

Nou waar pas jy jouself in? Whiskey op ys is heerlik en droë rooi wyn is vir ‘n fyn proewer maar as jy brandy en coke drink is jy ‘n sissie. Draadsitters beweeg altyd tussen die twee pole rond maar vestig hulle nie by een nie. Daarom maak hulle nooit ‘n merk en oes wat ander plant.

Nee. Ek weet regtig nie meer nie .... ·

Ek stem! Ek hou baaaaie meer van Zuma met die stortkop! Dit gee darem regte feite. ..

Sonja ·

Haar kommentaar met die ontvangs van ‘n Emmy ‘n paar jaar terug was: ‘Suck it Jesus. This award is my God now’. Wonder wat gaan sy volgende doen om weer in die nuus te wees? Tragies!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.