Soorte resepte:

Coke trek ʼn nuwe baadjie aan

Só sal die nuwe botteltjies van Coca-Cola lyk. Die maatskappy wil Coke, Diet Coke, Coke Zero en Coke Life meer eenvormig laat lyk. Foto: The Coca-Cola Company via AP

Só sal die nuwe botteltjies van Coca-Cola lyk. Die maatskappy wil Coke, Diet Coke, Coke Zero en Coke Life meer eenvormig laat lyk. Foto: The Coca-Cola Company via AP

Coca-Cola se vlagskip-sodas trek ʼn nuwe baadjie aan en daar is planne om gewone Coke, Diet Coke, Coke Zero en Coke Life meer eenvormig te maak.

Die maatskappy wil glo hê sy Diet Coke-aanhangers moet voel hulle drink ook “die regte ding”.

Coca-Cola het gesê sy blikkies en botteltjies sal duidelik ʼn “rooi skyfie” vertoon wat mens laat dink aan gewone Coke, bykomend tot die kleure wat reeds met die onderskeie handelsmerke vereenselwig word. Diet Coke-blikkies is silwer, Coke Zero-blikkies is swart en Coke Life-blikkies is groen.

Die Atlanta-gebaseerde maatskappy het gesê die “een handelsmerk” sal volgende maand eers in Meksiko vrygestel word en sal dan later vanjaar en volgende jaar na ander lande uitgebrei word. Coke het egter bygevoeg hy “toets nog opsies” in sy Amerikaanse mark en geen planne word vir 2016 beraam nie.

Dit is nog nie duidelik hoe aanhangers van Diet Coke en Coke Zero op die verandering sal reageer en of dit verwarrend sal wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Brrrrr ·

Mens kry ‘n Coke Life, maar ek glo nie dit is amptelik op die rakke in SA nie. Ek het dit wel al op die invoer rakke gesien.

Elaine ·

Coke life is wel beskikbaar hier by ons in Australie. Dit proe baie dieselfde as pepsi next.

christo ·

Hi Coke Life is beskikbaar by alle Chekers an Shoprite winkels.

Kaspaas ·

Coke Life is die Groen Blikkie of “Label”. Checkers verkoop dit

Kobus ·

Die silwer etiket is “Lite” Op die groen etiket staan daar duidelik “Life”

ALBERT ·

Die wit vergelyk nogsteeds nie met die hoeveelheid swart in die bottel nie, die gedeelte wat ons inneem.

lucy ·

Ek het verlede week n blikkie coke life by Checkers gekoop teen R11.99. Proe glad nie sleg nie.

Hannelie ·

Maak nie saak watter baadjie Coke aantrek nie, ek sal altyd mal wees daaroor.

Ben ·

(Lucy)’n Blikkie vir R12.00!!!? Vir ongeveer R4 meer kon jy ‘n 2-Liter gekoop het. Praat van uitbuiting!

JD ·

Ben vir een of ander rede is Coke Life duurder as gewone Coke. Maar dit is baie goedkoper om n 2liter te koop as blikkie. Selfs die 2.5 liter is minder as R2 duurder as die 2 liter. Selfde beginsel by chips R5.50 vir klein pak chips vs R9 vir groot pak

Voorlaaier ·

Kan ni skoon coke drink ni. Gooi so 2 tots coke in i bottel brannewyn!!

Nektar van di gode se ek jou! Salig op di keelgat!

Nics ·

@Voorlaaier -hahaha! Solank jy nou net nie beginne skiet nie ne!

WL ·

Heeltemal van die punt en maar net nuuskierig. Spel mens nog altyd Mexico “Meksiko” in Afrikaans? Nog nooit vantevore gesien nie.

Landi Slatter ·

Dagsê WL

Dankie vir jou navraag. Volgens die sesde uitgawe van die HAT is dit in Afrikaans “Mexiko” of dan “Meksiko”.

Vriendelike groete
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.