Colorado-skieter geïdentifiseer

(Foto: Chet Strange/Getty Images via AFP)

Die man wat Maandagmiddag op klante in ʼn kruidenierswinkel in die Amerikaanse deelstaat Colorado losgebars het, is geïdentifiseer as Ahmad Alissa, ʼn 21-jarige inwoner van Colorado.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

Maroela Media het vroeër berig minstens tien mense, onder wie ʼn polisiebeampte, is dood toe die man net voor 14:30 (plaaslike tyd) by die winkel ingebars en begin skiet het. Polisiebeamptes het gereageer op telefoonoproepe oor skote wat in die gebied afgevuur word. Volgens ooggetuies was daar verskeie geweerskote en het talle klante by ’n agterdeur uit die gebou gevlug.

Tientalle gepantserde voertuie, ambulanse en gewapende beamptes, onder andere FBI-agente en SWAT-spanne, is na die toneel gestuur.

Maris Herold, polisiehoof van Boulder County, het Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie gesê die verdagte staan tereg op tien klagte van moord en word tans in ʼn plaaslike hospitaal behandel vir wonde wat hy tydens die skietery opgedoen het. Hy sal na verwagting binnekort na die tronk in Boulder County geneem word.

Plaaslike owerhede het ook die identiteit van die slagoffers, almal tussen die ouderdom van 20 en 65, bekendgemaak.

“My hart breek terwyl hierdie onbeskryflike gebeurtenis in ons Boulder-gemeenskap afspeel,” het Jared Polis, goewerneur van Colorado, gesê en die voorval as ’n “sinnelose tragedie” bestempel.

Die moorde het gelei tot hernude oproepe vir strenger wette wat betref die besit van wapens in die gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Spook ·

Ongelooflik!!! En hier sit ek heel onskuldig met die gedagte dat alweer ‘n witmens was wat alweer swartmense aangeval het.

Anthony ·

Wat ek wil weet is hoekom as daar van die slagoffer gepraat word, hulle se “10 slagoffers insluitend n polisiebeampte” Hoekom nie iets soos ” 10 slagoffers inluitend n pensionaris & motorwerktuigkundige ” hoekom maak die ander 9 nie soveel saak nie? Ek wonder maar seker net omdat ons oor polisiemanne in die land voel soos ons voel ne..?

RomeoTangoGolf ·

Die Amerikaanse media was mal van woede oor die wit mense wat almal doodskiet, toe word sy naam bekend en sien dis nie die geval nie, nou mag sy naam kwansuis nie gespreek word nie want dit gee hom beroemdheid. LMGA

Jr ·

Op Amerikanse social media was dit deur die demo niacs wyd versprei dat dit ń wit man was. Nou sit hulle almal met eier op hul gesigte.

Jaco ·

Ek wonder oor 2 goed:
1. Hoekom gaan bly Moslems in lande soos Amerika waar alkes hemelsbreed van hulle eie lande verskil? “Sondes” in hulle geloof wat alles met die dood strafbaar is in moslemlande, is heel aanvaarbaar in Amerika. “sondes” soos eet van varkvleis, gay huwelike, saamwoon sonder om getroud te wees… As ek ‘n goeie Moslem was, sou ek nie in Amerika wou bly nie. Dit gaan ook maar ‘n opdraande stryd wees om al daardie “sondige” Amerikaners tot die Moslem geloof te bekeer.

2. Hoe word dié mense so maklik in Amerika toegelaat? Net om ‘n toeristevisum vir Amerika te kry is ‘n lang, DUUR en intensiewe proses. Die ambassade wil ALLES van mens weet en selfs met die visum in die paspoort, volg daar WEER ‘n intensiewe ondervraging by aankoms in Amerika.

Jaco ·

So lyk Biden en sy Demokrate se mooi oop “human rights” georiënteerde oop immigrasiebeleid. Ek wonder net, dít kan mos ook tot SA se onderdrukte wit mense se voordeel wees: ramaphosa kan al SA se “rassistiese” wit mense wat so “erg ongelykheid” in SA skep, mos na die “oop” Amerika deporteer. Dit sal mos nou mooi wys hoe Biden se “human rights” werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.