Connery se Bond-pistool vir miljoene opgeveil

Die pistool wat Sean Connery in die eerste James Bond-rolprent gebruik het. (Foto: Robyn Beck, AFP)

Die pistool wat Sean Connery in die eerste James Bond-rolprent gebruik het, is vandeesweek op ’n veiling vir ’n allemintige $256 000 (sowat R3,8 miljoen) verkoop.

Connery het dié pistool in 1962 as die gesofistikeerde Britse spioen James Bond in die rolprent Dr. No gebruik.

Die semi-outomatiese Walther PP-pistool is Donderdag in Beverly Hills in Kalifornië opgeveil. Die bod is toegeslaan op ’n Amerikaner wat al die James Bond-flieks saam met sy of haar kinders gekyk het. Die nuwe eienaar het gevra om anoniem te bly.

Die pistool wat Sean Connery in die eerste James Bond-rolprent gebruik het. (Foto: Robyn Beck, AFP)

Die veilinghuis Julien’s Auctions het verwag dat die pistool tussen $150 000 en $200,000 op die veiling sou haal.

Sir Sean is in Oktober vanjaar in die ouderdom van 90 dood. Hy het die rol van James Bond in sewe 007-flieks vertolk. Die reeks bestaan tans uit 26 rolprente. – AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hennie J ·

Nou is ek sommer nostalgies. Ek wonder wat het van Me. P. Galore geword?

Rudolf ·

Haar rol was vertolk deur Honor Blackman wie op 5 April vanjaar oorlede is.

Hennie J ·

Dankie vir die inligting. Ook maar goed ek het nooit uitgevind wat haar regte naam was nie.

koos10 ·

Wat ‘n goeie wapen. Seker een van die beste handwapens wat nog ooit gemaak is.
Lig, kompak, akkuraat en baie min recoil. Alles wat ‘n top spioen nodig het.

Piet ·

Dis spotgoedkoop vir ‘n ryk man. Ook nie ‘n slegte belegging nie so kan nie fout vind met die aankoop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.