Cosby-familie deel hartseer nuus

Bill Cosby tydens die voorverhoor op 7 Julie 2016 in Norristown, Philadelphia (Foto: AP Photo/Matt Rourke)

Ensa Cosby, die dogter van die omstrede akteur Bill Cosby, is in die ouderdom van 44 in Massachusetts in die VSA dood.

Ensa het haar pa bankvas ondersteun nadat hy van seksuele aandranding beskuldig is en het deurentyd in sy onskuld geglo.

Volgens Andrew Wyatt, woordvoerder vir die Cosby-familie, het Ensa aan niersiekte, oftewel nefrose – ʼn toestand wat die funksie van die niere aantas – beswyk.

“Die Cosby-familie wil graag al die mense bedank vir hul gebede vir hul geliefde en pragtige Ensa,” lui ʼn verklaring wat deur CNN bekom is.

Ensa en haar suster, Erinn, het in Mei verlede jaar oudioverklarings afgelê ter ondersteuning van hul bekende pa. Cosby is daarvan beskuldig dat hy Andrea Constand in 2004 by sy huis bedwelm en gemolesteer het. Hy het deurentyd alle aantygings teen hom ten sterkste ontken.

In Junie verlede jaar is die hofsaak nietig verklaar nadat die jurie ʼn dooiepunt bereik het. ʼn Nuwe verhoor sal in April plaasvind.

“Ek glo dat rassisme ʼn groot rol in alle aspekte van hierdie skandaal gespeel het,” het Ensa Cosby geskryf.

“My pa is in die openbaar deur die media beswadder,” het sy gesê. “My familie, my jong dogter, my jong susterskind en neef moes hulpeloos staan en kyk na die dubbele standaarde van diegene wat maak of hulle die regte van sommige beskerm terwyl die regte van ander geïgnoreer word. Die blootstelling van onskuldige kinders aan sulke ernstige beskuldigings oor iemand wat hulle baie lief het en wat so liefdevol is teenoor hulle, is verby wreed.”

Ten spyte van haar pa se bekendheid, het Ensa ʼn lewe weg van die kollig geleef.

Sy is een van die sterakteur en sy vrou, Camille, se vyf kinders. Die egpaar se enigste seun, Ennis, is in 1997 in die ouderdom van 27 tydens ʼn mislukte rooftog vermoor.

Ensa se begrafnisreëlings is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarel swartbrand ·

Hulle moet SA toe kom en sien hoe die meerderheid hier die minderheid behandel oor hulle velkleur dan sal hulle sien wat rassisme is

Anti- Cosby ·

Mollesteering ken nie ‘n kleur nie.
Sodra daar nie antwoorde gekry kan word nie – is dit altyd rassisme.

Piet Pompies ·

Bill Cosby is ‘n uitstekende komediant maar dit regverdig nie die beweerde optrede van molestering. Bill was ook bekend daarvoor dat hy nie van die minderheidsgroep in SA hou. So ver dit my aanstaan moet geregtigheid geskied en Bill moet pa staan vir sy optrede. In die meeste van bewering word rassisme as verweer gebruik, nogal gerieflik.

Rupert Ashford ·

Meegevoel aan die Cosby familie. Oor die rassisme aantyging kan ons maar net kopskud. Baie ander word ook deesdae in die media op soortgelyke wyse aangekla, skuldig bevind en gevonnis sonder dat enige sake ooit bewys word so Bill is maar net een van die eerste slagoffers van die nuwe militante feminisme en hulle meelopers gewees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.