Cosby het erken hy het vroue bedwelm vir seks

Bill Cosby Foto: Newsbusters.org

Bill Cosby Foto: Newsbusters.org

Die Amerikaanse komediant en akteur Bill Cosby het in ʼn hof erken dat hy verdowingsmiddels gebruik het om seks met jong meisies te hê.

Cosby het dié belydenis in 2005 gemaak, terwyl hy getuienis gelewer het in ʼn siviele saak wat Andrea Constand, ʼn personeellid van Temple University, gebring het. Sy het aan die polisie in Pennsylvania gesê Cosby het haar bedwelm en verkrag.

Volgens die hofdokumente wat Maandag vrygestel is, het Cosby getuig dat hy sewe voorskrifte vir Quaaludes, ʼn sentralesenuwee-depressant, gekry het. Hy het bevestig hy het dit vir ander mense gegee.

“Het jy daaraan gedink, toe jy die Quaaludes gekry het, dat jy dit op jong meisies gaan gebruik met wie jy omgang wou hê?” wou Constand se prokureur, Dolores M Troiani, weet.

“Ja,” het Cosby geantwoord.

Patrick O’Connor, vir Cosby, het aangevoer as dit onwettig is, moet die hof dit bepaal.

Cosby het in 2006 buite die hof die saak geskik.

Die dokumente is vrygestel ná versoeke deur die Associated Press in 2005 en 2014.

Regter Eduardo C Robreno Jr het in ʼn distrikshof in Pennsylvania die besluit om die dokumente vry te stel, verdedig. Hy het gesê Cosby se besluit om in die openbaar op te tree as ʼn kunstenaar en sosiale kommentator, beteken dat hy “vrywillig die sone van privaatheid verminder het”.

Talle vroue, insluitend die model Janice Dickinson en die voormalige aktrise Barbara Bowman, het intussen aangevoer Cosby het hulle seksueel aangerand.

Cosby se loopbaan as akteur en komediant strek oor vyf dekades. Hy is steeds ʼn huishoudelike naam in Amerika vir sy rol in die Fat Albert-tekenprentreeks en The Cosby Show, Amerika se grootste treffer in die 1980’s.

Lees regter Eduardo C Robreno Jr se memo
Lees Cosby se getuienis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

HEVW ·

Komediant; hy dink beslis die lewe is n grap en die wereld is n reuse speelkamere.

Peet Schabort ·

Ai, ou Bill, dat ‘n mens op jou ou dag so moet sneuwel . . .
Gedink die lewe is ook ‘n sirkus ?

Pierre Celliers ·

En hy’s die een wat so’n bohaai opskop oor, en openlik sy haat uitspreek teenoor Suid-Afrikaners wat kamma die “minder bevoorregtes” so verniel. So, hy’s eintlik ‘n gemene verkragter wat lewenslank agter tralies hoort. Wat ‘n openbaring!!

Shannon ·

Hierdie is `n nek slag vir die spin doktors.
Soos ek verstaan was `n skertsigge T.V. gesprek tussen Barrack en Bill op die kaarte .. als natuurlik om aan die wêreld te wy hoe modern en intlektjil die nuwe swart bewussyn in die V.S.A. is. Hy’s toe seker met David Attenborough vervang.

Snaaks hoe CNN nie juis te veel uitbrei oor die ikoniese swart familie doktor, wie toe al die tyd saam met Phil Spector en Jimmy Saville in die tronk hoort.

Eliza-beth ·

Shannon, stem! Maar die ou “dokter” het mos TONNE geld, hulle moet hom hard slaan waar dit seermaak. Hy moe nie net in die tronk gaan sit nie, hy moet eintlik gedwing word om van sy miljoene te gebruik om ‘n hele paar sentrums/skuilings vir “abused” vroue en kinders te bou. Gaan seker weer net ‘n figuurlik gesproke, raps oor die vingers kry en dan kammig jammer wees en vir terapie gaan maar die skade is reeds gedoen… Wonder wat sê ou Oprah wat al die tipes altyd so ophemel!

Canned Phantom ·

Hoeveel meer ikone het ook voete van klei? Solly, Bob, Bill ens. ens

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.