Cosby hoor vandeesweek sy lot

Bill Cosby by die Montgomery County-hof in Philadelphia, VSA tydens sy hofsaak (16 Junie 2017) Foto: AP Photo/Matt Slocum

Bill Cosby sal vandeesweek gevonnis word en hy kan moontlik teen Dinsdagaand reeds agter tralies wees.

Regter Steven O’Neill begin Maandag met die vonnisverrigtinge in Norristown, Pennsylvania. Hy sal die opsie hê om die onteerde komediant van enigiets tussen korrektiewe toesig en 30 jaar tronkstraf te vonnis. berig die Guardian.

Cosby is in April skuldig bevind op drie aanklagte van seksuele aanranding nadat hy Andrea Constand in 2004 bedwelm en gemolesteer het.

Omdat Cosby nie enige vorige skuldigbevindings het nie, beveel vonnisriglyne een tot vier jaar tronkstaf aan, maar O’Neill word nie daardeur verbind nie. Die regter sal ook moet besluit of Cosby as ʼn seksueel gewelddadige aanvaller geklassifiseer sal word en of hy op vrye voet mag bly hangende ʼn moontlik appèlaansoek, berig die USA Today.

Staatsaanklaers sal na verwagting Cosby uitbeeld as ʼn seksuele aanvaller wat agter tralies behoort, terwyl Cosby se prokureurs na verwagting sal verwys na sy prestasies en liefdadigheidswerk, asook die feit dat hy byna blind en 81 jaar oud is.

Constand en vyf ander vroue wat tydens Cosby se verhoor getuig het, mag moontlik ook tydens die verhoor getuig, alhoewel die regter ʼn versoek, om beëdigde verklarings van ander vroue wat Cosby ook van seksuele aanranding beskuldig, van die hand gewys het.

“Ek hoop regtig hy kry tronkstraf. Hy is aanspreeklik vir sy optrede en dit is ʼn manier om te wys dat hy aanspreeklikheid aanvaar – of hy nou wil of nie,” het aanklaer Lise-Lotte Lublin aan Time gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Piet Pompies ·

As kind het ek altyd na Bill Cosby se komedie gekyk. Later het dit bekend geword dat hy nogal ras gedrewe is en nou die aanklagte van molestering. Tronkstraf vir die uwe…

anton ·

Ek het n vraag………….waarom 13 jaar later eers n klagte van seksuele molestering/verkragting teen iemand maak en nie dadelik nie?
Dit maak nie vir my sin nie.
Maar ja, as hy skuldig is, moet hy sy straf kry daarvoor!!!

Vicky Alberts ·

Anton, was jy al sexueel gemolisteer? Dis nie so maklik om daarmee te koop te loop agv die stigma wat daaraan kleef nie. Ek weet van volwasse mense (mans en vrouens) wat hulle hele lewe met daai donker geheim saam leef. Dis hartseer en tref diep. Dit vat baie guts and glory om dit uiteindelik te openbaar. En partykeer het die oortreder so n houvas op so persoon dat dit nooit uit kom tot die slagoffer nie meer “bang” is nie. Hetsy of dit 1 jaar of 35 jaar later is.

Jannie ·

Dieselfde kan dan ook gevra word oor die onbewese bewerings teen Magnus Malan en andere – 35 jaar later…nadat hulle lank reeds DOOD is!!!

E.K. die eerste ·

Die bekendes en rykes verbeel hul omdat geld hard praat en hul baie daarvan het hul is onaantasbaar. Kry vir jou Cosby. Vicky jy is 100% korrek. En veral ook as dit ‘n bekende is – wie gaan jou sommer glo teen hom?

Manie ·

Ek wens meer van hulle word aangekla want ek kan julle verseker hier loop honderde Crosby’s rond in SA wat nie aangekla is

Afrikaanse Knaap ·

Ek het nou die dag ‘n youtube video gesien van ‘n man wat al self erken 23 vroue verkrag en HIV gegee het. Hy loop rustig nog in Diepsloot se strate rond.

leser ·

kom ons kyk hoe verskil uitsprake van pensylvania met die van suid-afrika
moontlik komediant hy dalk in die tronk, alle vertonings daar sal gratis wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.