Cosby-jurie wil definisie hê van ‘bo redelike twyfel’

Bill Cosby by die Montgomery County-hof in Philadelphia, VSA tydens sy hofsaak (16 Junie 2017) Foto: AP Photo/Matt Slocum

Die jurie is al vir vyf dae lank besig om te beraadslaag ná die komediant Bill Cosby se verhoor.

Die jurie het ʼn definisie versoek vir “redelike twyfel”. Die paneel het die versoek ingedien ʼn paar minute nadat hulle Vrydagoggend met hul beraadslaging begin het.

Hulle het ook versoek om weer na dele van die 79-jarige komediant se getuienis te luister. Hy het bykans 10 jaar gelede die deposisie afgelê wat deel gevorm het van Andrea Constand se regsaak teen hom.

Cosby word daarvan beskuldig dat hy Constand by sy huis in 2004 bedwelm en gemolesteer het. Hy voer aan dit was met haar toestemming. Cosby staan tereg op drie aanklagte van onsedelike aanranding.

Regter Steven O’Neill het gesê die verdediging het minstens vier keer versoek dat die geding nietig verklaar moet word, maar hy het gesê hy sal die jurie so lank as wat hulle nodig het, die kans bied om daaroor te beraadslaag.

Die jurie, sewe mans en vyf vroue, het al meer as 40 uur lank beraadslaag by die hof in Philadelphia sedert hulle die saak ontvang het.

Persone word gewoonlik nie geïdentifiseer wat die slagoffers van seksuele aanranding is nie, tensy hulle toestemming daarvoor verleen, wat Constand gedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieterlewismuts ·

Ek steun nou nie juis vir Cosby nie, maar sal self graag bo alle twyfel n definisie wil hoor van wat bo alle twyfel nou eintlik is , sodat ek nie meer langer daaroor hoef te twyfel nie

TP ·

Ou Cosby moet by ou Nanba one kom leer – vonnis sal dan oor 10 jaar verwag word.

Minnie van Blerk ·

Lekker I relief, nikss gaan gebeur nie die pedofiel kom OOK skotvry!!!

John ·

7 mans en 4 vroue… nee wat, die uitslag is seker. Nou is die oom ook nog so hulpeloos. Hy is ‘n goeie akteur. Om rond te hang by vip’s en ‘pappa’-helde is nie ‘n goeie plan nie en veral nie ‘n wen-wen-situasie nie. Die foto hiernaas oor pa’s se ‘tool kit’ spreek toevallig boekdele.

jaco ·

die jurie bestaan uit leke. die regter het regsgrade. Wat gebeur as die jurie sê iemand is onskuldig terwyl die regter weet die teenoorgestelde is eintlik waar? Vreemde regstelsel wat die Amerikaners het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.