Cosby-saak gaan voort

Bill Cosby tydens die voorverhoor op 7 Julie 2016 in Norristown, Philadelphia (Foto: Michael Bryant/Philadelphia Inquirer via AP, Pool)

Bill Cosby tydens die voorverhoor op 7 Julie 2016 in Norristown, Philadelphia (Foto: Michael Bryant/Philadelphia Inquirer via AP, Pool)

Die saak van klagtes oor seksuele aanranding teen Bill Cosby gaan voort, het ʼn regter Donderdag gelas.

Die regter het die akteur se prokureurs se jongste versoek, om die saak uit te gooi, van die hand gewys.

“Ons gaan nou voort met die saak en sal poog om geregtigheid te laat geskied,” het staatsaanklaer Kevin Steele gesê.

Prokureurs wat die komediant verdedig, het aangevoer ʼn besluit, dat die beweerde slagoffer nie tydens die saak hoef te getuig nie, ontneem Cosby van die reg om getuienis teen hom in die hof te konfronteer.

ʼn Regter het egter gelas die besluit was “heeltemal behoorlik”, volgens die Philadelphia Inquirer.

Cosby se prokureurs het die besluit as “ʼn onregverdige oortreding van sy regte” beskryf. “ʼn Man wat so baie vir soveel mense gegee het, se grondwetlike regte word vertrap,” het sy prokureurs in ʼn verklaring gesê.

Cosby het die verhoor in Norristown, Pennsylvania, bygewoon, maar nie gepraat nie.

Dit is sy tweede hofverskyning in die saak. Hy staan tereg op aanklag dat hy ʼn vriendin, Andrea Constand, in 2004 by sy huis in Philadelphia bedwelm en seksueel aangerand het. Hy staan tereg op drie aanklagte van aanranding en kan tot 10 jaar tronkstraf gevonnis word, indien hy skuldig bevind word.

Talle vroue het die 78-jarige multi-miljoenêr vermaaklikheidster daarvan beskuldig dat hy hulle oor ʼn paar dekades bedwelm en seksueel aangerand het.

Meeste van die bewerings val egter buite die venster vir vervolging. Verskeie siviele sake is nog hangende, maar Constand se beskuldigings is die enigste wat tot strafregtelike aanklagte gelei het.

ʼn Hofdatum is nog nie bepaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

sarie van heerden ·

Sien Cosby loop met ‘n kierie en iemand hou sy arm vas om hom te ondersteun. Siestog, oud en gedaan en nou word hy hof toe gesleep oor iets wat hy NOOOOOOIT gedoen het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.