Cosby-verhoor nietig verklaar

Bill Cosby by die Montgomery County-hof in Philadelphia, VSA tydens sy hofsaak (16 Junie 2017) Foto: AP Photo/Matt Slocum

ʼn Regter het die 79-jarige komediant Bill Cosby se hofsaak Saterdag nietig verklaar nadat die jurie ʼn dooiepunt bereik het.

Die jurie het meer as 52 uur lank beraadslaag voor hulle aan die regter gesê het dat hulle nie kan ooreenkom of die “Cosby Show”-ster Andrea Constand in 2004 by sy huis bedwelm en gemolesteer het nie. Die regter het die hofsaak daarna nietig verklaar.

Staatsaanklaers het gesê hulle sal Cosby weer verhoor. Hy staan steeds tereg op drie aanklagte van onsedelike aanranding.

Die komediant se loopbaan en beeld as ʼn “goeie ou” is aan flarde geskeur toe Constand in die hof getuig het hoe hy haar pille ingegee het en daarna gemolesteer het.

Die jurie kon egter nie tot ʼn vergelyk kom nie en het op die vierde dag aan regter Steven O’Neill gesê hulle het ʼn dooiepunt bereik. Die regter het hulle egter opdrag gegee om saam te werk om tot ʼn eenparige besluit te kom. Die paneel het Saterdag aan die regter gesê die gesprek het vasgeval.

Dit was die enigste kriminele saak wat gespruit het uit bewerings van meer as 60 vroue wat Cosby beskryf het as ʼn reeksoortreder wat vroue bedwelm het voor hy hulle aangerand het.

Hy het nie self tydens die hofsaak getuig nie en voer aan Constand het haar toestemming gegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

marlene ·

En so kom nog ‘n pedo weg. Die lewens wat hy verwoes het, maak nie saak nie :(
Onthou net, wat jy saai, sal jy maai.

Anna ·

Hy is nie pedofiel nie. Sy slagoffers was almal volwassenes. Hy is sommer net pleinweg n misbruiker en manupileerder.

al ·

Dis hartseer – you can run but you cannot hide – iewers gaan jy jou moses teëkom. Jy gaan die prys betaal. Wat jy saai gaan jy maai!

Summerfield ·

Ek wonder – hoekom kom al die vrouens nou eers voorendag met die aantuiginge? Is dit nie redelik om te verwag, as daar so baie slagoffers was, dat daar nie te minste een of twee sou gewees het wat destyds polisie toe sou gegaan het nie? Het die feit dat Cosby ryk is, nie iets daarmee te doen nie? Miskien spring almal nou op die bandwagon en wag vir die groot ‘payout’.

Domvraag ·

Nee mense is skaam om so n daad te raporteer. Meld n verkragting aan en jy as slagoffer word uitgemaak as die oortreder en dan val die verdediging se advokaat jou so aan in die hof om jou karakter te probeer vernietig.
Hierdie laat my dink aan Sollie Ozrovech, Bokkie van Rooyen ens wat almal met die Bybel onder die arm geloop het. Was dit om mense net te probeer gerustel? Ek het geleer as iemand met jou besigheid doen en sê hy is n Christen, dan moet jy pasop want hy wil jou net gerustel en jou dan indoen.

Lynette ·

Jy is verkeerd – BAIE vd vroue wat die aantygings maak is GEVESTIGDE, RYK AKTRISES EN STERRE vandag – hulle is NIE agter geld aan nie maar GEREGTIGHEID – onthou, destyds (50 jaar gelede) is daar nie gepraat oor sulke dinge nie en was daar nie organisasies en hulpnommers om te skakel soos deesdae nie – hy was ook een vd magtigste mans in Hollywood – so as jy gemollesteer is sou jy gevoel het jy is die ENIGSTE een en WIE GAAN JOU GLO? Die aktrises wat nou daarmee vorensag gekom het, se reputasie lei OOK daaronder (want mense soos jy spekuleer dat hulle dit vir geld doen) – dus WAAROM sal hulle so iets uit hul duime suig? Dink tog vir jouself….

John ·

So gedink… Bly weg van skrikwekkende kamma-pa’s. SA is vol van hierdie selfaanbiddende glo so ‘sweet daddy’s’… En baie tienermeisies sit met die verdriet vir ‘n paar rand se sakgeld…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.