Covid-19: Asimptomatiese pasiënte klaarblyklik nié aansteeklik – WGO

Maria van Kerkhove van die WGO (Foto: Martial Trezzini/Keystone via AP)

Dit lyk nie of ’n pasiënt wat geen simptome van die nuwe koronavirus toon, juis die virus na ander kan versprei nie.

Dit is baie seldsaam dat sulke pasiënte ander sal aansteek, het Maria van Kerkhove, hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se eenheid vir opkomende siektes en soönoses, Maandag gedurende ’n mediakonferensie in Genève in Switserland gesê.

Dié stelling het sommige kenners se sienings in twyfel getrek dat asimptomatiese pasiënte dit moeilik maak om Covid-19 hok te slaan, aangesien hulle die virus onwetend versprei.

“Dit blyk uit die gegewens wat ons het nog steeds onwaarskynlik te wees dat die virus deur ’n asimptomatiese persoon daadwerklik aan ʼn sekondêre individu oorgedra word,” het Van Kerkhove verduidelik.

“Ons het ’n aantal verslae van lande wat baie gedetailleerde kontaknasporing doen. Hulle volg asimptomatiese gevalle en dié waarmee hulle in kontak is en vind nie juis sekondêre oordag nie. Dit is baie seldsaam.”

Die virus wat Covid-19 veroorsaak (Foto: NIAID-RML via AP)

Volgens Van Kerkhove behoort optrede dus daarop te fokus om besmette mense met simptome en diegene met wie hulle in kontak was op te spoor en te isoleer. “As ons in werklikheid al die simptomatiese gevalle opgevolg het, dié gevalle geïsoleer het, die kontakte opgevolg het en dié gevalle in kwarantyn geplaas het, sou ons ’n drastiese afname in oordrag ervaar het,” het sy gesê.

Van Kerkhove het wel gewaarsku dat pasiënte wat blyk asimptomaties te wees, moontlik simptome op ’n ligte graad kan ervaar en wel ander aansteek.

Dr. Manisha Juthani, ’n spesialis in aansteeklike siektes en medeprofessor in medisyne en epidemiologie aan die Yale Mediese Skool, het ook aan CNN gesê baie pasiënte met Covid-19 wat asimptomaties voorkom, kan eintlik net ligte simptome toon of later simptome ontwikkel.

Pre-simptomaties verwys na die vroeë stadiums van ’n siekte voordat simptome ontwikkel.

Bronne: CNN, CNBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Faraway ·

Ai , dis nou NUTTELOSE inligting!
Dis soos om te verklaar . . . n eier is bevrug as hy bevrug is maar n eier is ook eintlik onbevrug as hy nie bevrug is nie!

Pappa Beer ·

O gaats, en sy is “after all” n minister van tradisionele sake ook, so as daar enige vrae oor tradisie is, is sy jou “google search”.

Jacobus ·

Wat ‘n beskrywende naam vir iemand uit daai nuttelose organisasie – Kerkhove.

koos10 ·

Nou begin ek beter verstaan waarom Trump hulle befondsing gestop het.
Sy is gewaarborg vir ‘n ministriele pos in SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.