Covid-19-betogings brei vinnig uit

Betoger in Nieu-Seeland. (Foto: Marty Melville/AFP)

Die getal betogers wat voor die parlement in Wellington, Nieu-Seeland, kampeer, het Vrydag eksponensieel toegeneem van 250 mense die vorige dag tot 1 500 deur die loop van Vrydagoggend.

Betogings teen Covid-19-maatreëls in Kanada brei ook uit en vragmotorbestuurders in die VSA, Frankryk en België dreig nou ook met padversperrings.

Die polisie het hul pogings om betogers in Nieu-Seeland te verwyder aansienlik afgeskaal nadat die twee groepe Donderdag letterlik koppe gestamp het. Beamptes het pepersproei op ʼn aantal betogers gebruik, terwyl twee polisielede in die skare ingesleep is.

Meer as ʼn 120 betogers is tydens die voorval in hegtenis geneem.

Ten spyte van die groot groep betogers bly die parlementêre terrein steeds vir lede van die publiek gesluit.

Die betogers kampeer sedert Dinsdag voor die parlementsgebou in protes teen Covid-19-beperkings en gedwonge inentings.

“Die polisie sal voortgaan om die protesaktiwiteite te monitor en so ver moontlik te beperk,” het superintendent Corrie Parnell gesê.

Beamptes het egter net van agter barrikades toegekyk terwyl die betogers glo gesing en gedans het.

Een van die betogers het aan AFP gesê hulle bly verbind tot hul doelwit om entstofmandate in die land te beëindig.

In Nieu-Seeland word mense wat in sektore soos gesondheid, wetstoepassing, onderwys en verdediging werk, verplig om teen Covid-19 ingeënt te word en werkgewers dreig om diegene wat dit nie doen nie, in die pad te steek.

“Die manier waarop die polisie ons hanteer het, het ons almal diep geskok,” het sy gesê. “Dit was brutaal.”

Grensblokkade in Kanada uitgebrei

Die grensblokkade by die Ambassador-brug. (Foto: Geoff Robins/AFP)

Die betogers in Kanada het intussen nóg ʼn grenspos tussen die land en die VSA versper nadat hulle reeds die Ambassador-brug tussen Windsor en Michigan gesluit het. Dié is ʼn sleutelpunt vir oorgrenshandel tussen die twee lande.

ʼn Tweede kruising in die provinsie Alberta is reeds dae lank versper en betogers het Donderdag ʼn derde kruising in Sentraal-Manitoba gesluit.

Terwyl verskeie groot motorvervaardigers nou sukkel om hul bedrywighede aan die gang te hou, het Kanadese polisie onderneem om hul pogings om die betogings te beëindig op te skerp.

Meer inhegtenisnemings is glo op hande, terwyl pogings om meer verkeerskaartjies uit te reik en vragmotors weg te sleep nou aan die gang is.

Dié Kanadese groep betoog teen allerlei Covid-19-regulasies. Sedert protesoptogte twee weke gelede in Ottawa begin het, het soortgelyke betogings wêreldwyd vlam gevat.

In Frankryk het duisende inwoners onderneem om Vrydagaand saam na Parys op te trek met die hoop om later na Brussel in België te beweeg.

Die polisie in Parys het egter diegene wat beplan om aan die protesaksie deel te neem gemaan dat alles moontlik gedoen sal word om te verhoed dat paaie versper word. Owerhede dreig ook dat stewige boetes en tronkstraf opgelê kan word.

Belgiese owerhede het soortgelyke optrede in gedagte indien optogte in dié land sou voorkom.

Die departement van binnelandse veiligheid in die VSA het reeds owerhede en inwoners gewaarsku dat betogers moontlik ook in Los Angeles gaan kop uitsteek, berig CBS News.

Veiligheidsmaatreëls en bykomende veiligheidsbeamptes is gereed om die SoFi-stadion waar die jaarlikse Super Bowl Sondag gaan afskop te bewaak indien betogers na die stadion sou opruk.

Die waarskuwingsbulletin, wat deur CBS News verkry is, sê die konvooi betogers kan moontlik na Washington beweeg en die stad betyds bereik vir pres. Joe Biden se staatsrede op 1 Maart.

“Dit [die betogings] kan vervoer, die federale regering en wetstoepassing bedrywighede ernstig ontwrig,” lui die bulletin.

‘Tyd om saam te kom’

Justin Trudeau. (Foto: (Sean Kilpatrick/The Canadian Press/AP)

Die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, het intussen gevra dat die optogte in Kanada en ander lande opgeskort word.

“Dit benadeel gemeenskappe regoor die land en wêreld,” het hy, met verwysing na die ekonomiese en sosiale skade wat reeds aangerig is, gesê.

Miljoene dollar is reeds weens die betogings verloor, met sakeondernemings wat gekniehalter word deur die versperde grensposte. Talle Kanadese inwoners sê ook dat die konstante protesaksie hul daaglikse lewe ontwrig en soortgelyke klagtes is in Wellington in Nieu-Seeland gehoor.

Trudeau se politieke mededinger, Candice Bergen, wat vroeër steun vir die betogers uitgespreek het, het hulle Donderdag aangemoedig om die beleg te beëindig.

“Ek glo die tyd het aangebreek dat julle die versperrings opskort, die ontwrigtende optrede stop en met owerhede saamwerk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Robert ·

Daar is 20 vir elke polisiebeampte… en baie van die poliese begin nou bedank ook.

Genis ·

Ons moet ook wakker word, en van die ewil onslae raak… Dis niks anders as n foefie nie.. Doen soveel skade aan almal…en verryk hulself

Adriaan ·

The “pandemic” has made the world’s wealthiest far richer but has led to more people living in poverty, according to the charity Oxfam.

Lower incomes for the world’s poorest contributed to the death of 21,000 people each day, its report claims.

But the world’s 10 richest men have more than doubled their collective fortunes since March 2020, Oxfam said.

Anel ·

Toe die lande toegesluit was en almal ingeperk was, was dit niks. Klink of regerings mense betaal het. Maar nou dat gewone mense betoog teen die gemors en daar nou ekonomies probleme voorkom, nou is die betogers verkeet. Maak soos die mense vra. Hef alle inperkings en nonsens op sodat mense normaal kan aangaan met hul lewens. Ook hier. Die wat bang bly, kom oor jouself. Jy trek seker al by jou hoeveelste spuit en jy dra mos n maskertjie. Jy is mos nou veilig. Inperkings het in elke geval meer skade gedoen as enigiets anders of as wat hierdie betogings kan doen. Regerings soek net iemand om die blaam te dra en om HULLE wil of nasies af te dwing. Vir die eerste keer ondersteun ek betogings!!

Miss J ·

Stem 100%. Vir 2 jaar is mense beroof van hulle werk, van geliefdes wat alleen in hospitale was en alleen moes sterf ens. Ekonomie is opgemors , besighede toe gemaak. Net super rykes , farma en mense wat vir die staat werk was bevoordeel. Rykes het meer en meer gekry en state het hulle werkers bly betaal of hulle werk of nie. Disgaceful

Yolandie ·

Ek is 100% saam met jou op die een Anel. Die mense wat in hulle huise wil weg kruip vir Covid en in vrees wil lewe…..en maskers dra laat hulle toe om dit te doen. Maar vir die wat wil aangaan met hulle lewe laat hulle toe om dit te doen.

Frikkels ·

Net so Anel, die oplossing is voor die hand liggend. Laat vaar die inentingsmandaat en hef inperkings op, dan sal die betogings ook ophou!

Genis ·

Hulle moet masker n keuse maak, dis die onesondste ding op aarde… As die Covid so erg was, waar is bio bins? Daar is amper meer, let wel, amper meer maskers wat oral rond le as potholes in die strate…

Robert ·

Maskers is nou die grootste bron van besoedeling op aarde.

Cobus ·

Niks is logies aan die hele afere nie, nie van die begin af nie. George Orwell het die pro zap mense mooi uitgebeeld in Animal Farm.

Charles ·

Die polisie moet pasop of hulle gaan vol knoppe wees, hoop dit brei uit na ń volskaalse verset teen regerings se gek inperkings..

MakersMark ·

Dalk die lokale polisie dink nie Kanada of VSA, Aus of NZ se polisie nie.

Cobus ·

Sien jy is ‘n GROOT ondersteuner van dit, onthou ,mense sal dit ook onthou!

Jacobus ·

Ek hoop dit is wêreldwyd die einde aan regerings invertebrata wat so mooi dans op die maat van popmeesters bank note.

Twallie ·

Regerings in die wêreld moet besef jy kan mense net so lank met nonsens aan die neus rondlei voor hulle gaan begin terugkap.

domheks ·

Ek is BLY hulle betoog teen die INPERKINGS, EN DIE INSPUITINGS!
Sal ook in SA betoog as hulle my wil verplig deur wetgewing. Vermoed die betoging sal bietjie erger wees as die in Natal en Gauteng.

Anton ·

Hulle is so ver agter. Ons het al verlede jaar hier ‘n paar plekkies afgebrand en ‘n paar TV’s geliberate

Antjiepat ·

Wens SA kan ook so wakker skrik.. maar nee ons eet mos als vir soetkoek op

Marius ·

Hy sê niks van verpligte inentings wat teen menseregte indruis en mense se gesondheid en inperkings wat ekonomieë wêreldwyd benadeel nie. Die slang sleepsel !!!

Miskruier ·

Nog nooit was daar soveel druk om n medikasie te gebruik nie, n medikasie wat nie die verspreiding keer nie. N natuurlike immuniteit word afgeskiet.

Lionel ·

@Miskruier – en natuurlike immuniteit is ook nie die alfa en omega nie. Twee familielede wat weier om ingeënt te word het Augustus Delta gehad, sit nou (skaars 6 maande later) met Omicron.

MakersMark ·

As natuurlike immuniteit soveel beter is as inentings hoekom het 5 m mense, by verre die meeste oningeent, reeds aan CV19 gesterf?

VaalDonkie ·

Want ten minste 4.5m van hulle het gesterf aan ander goed terwyl hulle positief getoets het vir COVID.

piet ·

Geen medikasie keer verspreiding nie en ook nie natuurlike immuniteit nie.

Miskruier ·

Is dit waar dat regerings n “kickback” ontvang van pharmaseutiese reuse, vir elke spuit wat die bevolking ontvang?

Lionel ·

@Raakvatter – een van daai mense wat presies die rede is hoekom ons nog sit waar ons sit…

Cobus ·

Die feit dat regerings tot hierdie vlak moet gaan om die zap of te dwing sê baie vir die wat kan sien.

piet ·

Moet se, ek was nogal verbaas toe ek vanoggend ‘n hele ry sien van mense wat wil inent. Ek dink diegene wat nog nie ingeent is nie besef dat dit nou die ideale tyd is om in te ent voor ‘n moontlike volgende vlaag…of miskien raak hulle bang vir die gevolge van nie-inenting (soos dat jou baas nie meer baie gelukkig met jou gaan wees nie).

MakersMark ·

Besigheid en politieke wereld raak moeg vir AVr leuens en gaan reels instel on dit tee te werk. Mooi praat is een van die dae verby dan is dit vax en bly of weier en ry. Sien nogal uit daarna.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.