Covid-19: Byna 3 miljoen wêreldwyd het virus

Wêreldwyd het byna 3 miljoen mense al Covid-19 opgedoen. (Foto: Luca Bruno/AP)

Wêreldwyd het sterftes weens Covid-19 Saterdagmiddag die 200 000-kerf verbygesteek.

Die Johns Hopkins-universiteit sê altesaam 200 698 mense is reeds aan die virussiekte dood, terwyl Covid-19 reeds by bykans 3 miljoen mense gediagnoseer is.

In Suid-Afrika het die getal sterftes Saterdag met sewe gestyg en 86 mense het reeds plaaslik weens die virus gesterf.

Boris Johnson terug werk toe

Intussen keer die Britse eerste minister Boris Johnson na verwagting Maandag terug werk toe nadat hy verlede maand die nuwe koronavirus opgedoen het.

Boris Johnson (Foto: AP)

Johnson het aan sy kabinet gesê hy gaan sy normale pligte hervat ná sy behandeling in die St. Thomas-hospitaal in Londen.

Na gelang van sy dokters se aanbeveling sal Johnson moontlik al môre die daaglikse Downing Street-mediakonferensie oor die stryd teen die virussiekte behartig.

ʼn Moeilike week lê vir Johnson voor. Engeland moet ook besluit of hy sekere beperkings om die virus te bekamp, gaan verslap. Dit lyk in dié stadium of minder mense in die land vir Covid-19 in die hospitaal opgeneem word.

Die minister van buitelandse sake, Dominic Raab, het in Johnson se afwesigheid waargeneem.

“Daar is geen korona”

‘n Moslem-man bid Vrydag op ‘n sypaadjie in Nieu-Delhi, Indië. (Foto: Manish Swarup/AP)

In Egipte is ʼn groep mense in hegtenis geneem nadat hulle ʼn aandklokreël wat ingestel is om die koronavirus te bekamp, verontagsaam het.

Mense het byeengekom om Ramadaan te vier. Sommige het gedreunsing: “God is die grootste. Daar is geen korona nie.”

Die polisie het die organiseerders van die optog in hegtenis geneem. Die betogers word aangekla daarvan dat hulle die aandklokreël oortree het.

Die Egiptiese regering het die aandklokreël verlede week ter wille van die Ramadaan-viering met twee uur verkort. Moskees bly egter gesluit en die regering het mense gemaan om nie in groot groepe byeen te kom nie.

Egipte het tot dusver 4 092 bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus en 294 mense het weens Covid-19 gesterf.

Bronne: Xinhau, Dpa.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Kliek hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Michael 1 ·

Die wêreld is oorbevolk en kan nie meer die mense onderhou nie ,so wat nou?

Anel ·

Ja, en ons gaan haal 216 Kubaanse dokters in ruil vir mediese toerusting.

Will ·

Death by starvation is going to kill far more people than the corona virus.Small business that feed many thousands closing down or letting staff go !

Pieter ·

Is nie, 3 miljoen – van die wat getoets is – het die virus. Baie meer het die virus, hulle is net nie getoets nie. Daar is ‘n verskil. As jy sê 3 mil het die virus en 207,000 is dood daaraan, dan gaan 6.9% wat die wat besmet is dood aan die virus. Die waarheid is egter dat hulle aanmekaar ‘n onbekende getal (hoeveelheid besmettings) gebruik. Die wat wel getoets is, is ‘n druppel in die emmer, dus weet niemand hoeveel regtig die virus het nie. Wat daarvan as 30 miljoen die virus het en nie 3 miljoen? Dit bring dan die sterfte persentasie af na slegs 0.69%. Tot alle mense op aarde getoets is weet niemand hoeveel met die virus besmet is nie en is alle berigte oor hoeveel die virus “het” eintlik maar niks anders as fopnuus en sensasie nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.