Covid-19 eis meer Amerikaners as Tweede Wêreldoorlog

(Foto: J. Scott Applewhite, AP)

Die aantal Covid-19-verwante sterftes in die VSA het nou dié land se dodetal van troepe tydens die Tweede Wêreldoorlog verbygesteek, het die nuwe Amerikaanse president, Joe Biden, gister in sy aanvaardingstoespraak gesê. Biden het gewaarsku dat die ergste van die Covid-19-pandemie nog vir die VSA voorlê.

Altesaam 405 400 pasiënte in die VSA het teen Woensdag weens Covid-19 omgekom vergeleke met die 405 399 Amerikaanse gevegs- en niegevegsterftes tydens die Tweede Wêreldoorlog.

“Ons het al ons kragte nodig om te volhard deur hierdie donker winter. Ons gaan die moeilikste en dodelikste periode van die virus in,” het Biden tydens sy inhuldiging as die 46ste Amerikaanse president gesê.

Ongeveer ʼn vyfde van die twee miljoen wêreldwye Covid-19-verwante sterftes is in die VSA aangemeld. Volgens Biden is die stryd teen die pandemie sy administrasie se eerste prioriteit.

Die administrasie beoog om 100 miljoen Amerikaners binne 100 dae teen die koronavirus in te ent. Die aanlyn handelaar Amazon het Woensdag sy uitgebreide logistieke infrastruktuur aangebied om te help met hierdie poging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jacobus

En wie moet ons bedank? Ons Chinese vriende, met die samewerking van Faucci en Tedros.

Antjiepat

Nonsens… iemand kook die syfers lekker

Baardman

Hy begin sommer al op dag een paniek saai.

Kleinboet

Dis hartseer om te sien hoeveel van ons eie mense glo hierdie verdraaide (en soms twee-week-oue) “nuutste” syfers! En in baie gevalle afkomstig van mense wat nie eers ordentlik kan lees nie!