Die farmaseutiese en biofarmaseutiese maatskappy AstraZeneca en die Universiteit van Oxford het hul finale kliniese proewe vir ’n entstof teen Covid-19 tydelik gestaak nadat ’n deelnemer aan dié proewe onverwags siek geword het.
Die betrokke deelnemer is van die Verenigde Koninkryk.
AstraZeneca het Dinsdagaand bevestig dat sy proewe vir ’n entstof teen die koronavirus tydelik gestaak is weens ’n “standaard hersieningsproses” waartydens ’n onafhanklike komitee die proewe se veiligheidsdata sal nagaan.
Dit is glo nie ongewoon vir proewe om tydelik gestaak te word nie.
“Siektes sal lukraak by groot proewe voorkom, maar dit moet onafhanklik hersien word om dit deeglik te evalueer. Ons is besig om die hersiening van die enkele gebeurtenis te bespoedig om enige moontlike impak op die proeftydperk te verminder,” het ’n woordvoerder van AstraZeneca gesê.
Die maatskappy het nie uitgebrei oor die betrokke deelnemer se toestand nie, maar wel daarna as “’n moontlike onverklaarbare siekte” verwys.
Dít volg nadat vroeë resultate van die proewe in Julie getoon het dat die entstof veilig vir gebruik is en immuniteit bevorder.
Fase drie van die entstof se proewe is onlangs na die VSA uitgebrei waar 30 000 volwassenes gewerf is om vrywillig aan die proewe deel te neem. Proewe vir die betrokke entstof is ook aan die gang in Suid-Afrika, Brittanje en Brasilië.
Die Europese Unie (EU) het reeds die reg verkry om tot 400 miljoen dosisse te koop sou die entstof eindelik goedgekeur word. Die entstof sal dan vir al 27 lande in die EU aangekoop word en volgens bevolking en behoefte versprei word. Brittanje het ’n afsonderlike ooreenkoms onderteken.
Die Australiese regering het ook ’n ooreenkoms bekom vir moontlike implementering van die entstof vroeg volgende jaar in die land sou die proewe suksesvol wees.
Proewe vir twee ander entstowwe vir Covid-19 is tans in hul finale fase in die Verenigde State.
Een van dié proewe word deur die biotegnologiemaatskappy Moderna gedoen en die ander deur die bekende farmaseutiese maatskappy Pfizer en BioNTech van Duitsland. Hierdie entstowwe werk anders as dié van AstraZeneca en ongeveer twee derdes van die aantal vrywilligers wat nodig is, is reeds vir proewe gewerf.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
LMGA. Hou maar verby.
Nee dankie. Hou maar julle entstof vir so ‘n paar jaar dat al die nodige toetse gedoen kan word.
Ek kan nie wag dat die entstof beskikbaar word nie. Vriend van my wat Covid-19 oorleef het sê my dis die siekste wat hy in sy lewe was. In sy geval sê hy hy sal die entstof gebruik al is die sameswerings teorieë waar.
Moenie daai naald naby my bring nie Bill Gates!
Go and get the covid formula at bill gates’s medical centre.
They did start experimenting wirh the virus in 2018.
Shouldn’t be too hard to convince him.