Covid-19: Frankryk verbied gebruik van hidroksichlorokien

(Foto: Itumeleng English/ANA)

Dokters in Frankryk is Woensdag verbied om pasiënte, wat Covid-19 opgedoen het, met die antimalariamiddel hidroksichlorokien te behandel.

Die Franse regering het die gebruik van die middel verbied, het die ministerie van gesondheid gesê. Dit volg ná die Franse Agentskap vir die Veiligheid van Gesondheidsprodukte behandeling met die middel afgeraai het en kliniese proewe opgeskort het.

Pasiënte met erge Covid-19-simptome kon behandeling ontvang met die medikasie, onder streng mediese toesig, wat gewoonlik gebruik word om malaria te behandel of te voorkom.

“Ongeag of dit die huisdokter of in die hospitaal is, die medikasie moet nie aan pasiënte met Covid-19 voorgeskryf word nie,” het die ministerie gesê.

Navorsers het in die mediese joernaal The Lancet gesê ná omvattende data-analise is hidroksichlorokien en ander soortgelyke chlorokien-middels waarskynlik nie geskik vir die behandeling van Covid-19 nie.

Die Amerikaanse president Donald Trump het vroeër vandeesmaand onthul hy gebruik hidroksichlorokien om homself teen ʼn koronavirus-infeksie te beskerm.

Daar is egter bewyse dat die aktiewe middels moontlik die sterftekoers kan laat toeneem. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het gevolglike alle kliniese proefnemings van die middel opgeskort.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kobus2 ·

Nógeens ‘n bewys dat die WGO duistere motiewe het? Die stellings is só teenstrydig met mekaar dat mens nie meer weet wát om te glo nie! Ek los nou maar alles in my Vader se Hande. Dit staan in die Woord dat Hy inderdaad vir vorste (konings/leiers/presidente) vanuit die Hemel vir hulle LAG!

Robert ·

Intressant hoe ‘n algemeen beskikbare goedkoop, nie gepatenteerde middel summier verwerp word.
Nou moet daar eers proewe gedoen word! Dit is dan lankal reeds gedoen. Gebruik dit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.