Covid-19-gevalle styg weer in Europa

(Argieffoto: pixabay)

Die getal nuwe Covid-19-gevalle het weer in Europa begin toeneem ná ses weke se afname in gevalle, het die Wêreldgesondheidsorganisasie Donderdag gesê.

“Nuwe gevalle van Covid-19 in Europa het verlede week met nege persent gestyg tot net meer as 1 miljoen,” het Hans Kluge, streekdirekteur vir die WGO in Europa, tydens ʼn perskonferensie gesê. “Dit bring ʼn einde aan ʼn belowende ses weke lange afname in nuwe gevalle. Meer as die helfte van ons streek beleef ʼn toename in gevalle.”

Kluge het gesê daar is ʼn oplewing in sentraal- en oos-Europa. “Nuwe gevalle neem ook toe in verskeie westelike Europese lande waar die koers reeds hoog is.”

Volgens hom moet die entstofportefeulje uitgebrei word. WGO se Europese streek sluit 53 lande in en entstofprogramme het reeds in 45 van dié lande begin.

Volgens ʼn AFP-opname, gebaseer op amptelike getalle, het 2,6% van die Europese Unie se bevolking reeds twee dosisse Covid-19-entstof ontvang. Minstens 5,4% het reeds een inenting ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.