Covid-19 hét dalk uit Chinese laboratorium gelek

‘n Lugfoto van die Wuhan-instituut vir Virologie se kampus in China. Die laboratorium doen navorsing oor sommige van die wêreld se gevaarlikste siektes en word deur sommiges daarvan beskuldig dat dit die oorsprong van die dodelike Covid-19-virus is. (Foto: Hector Retamal/AFP)

Die dodelike koronavirus wat wêreldwyd reeds meer as 3,7 miljoen lewens geëis en meer as 174 miljoen infeksies veroorsaak het, hét dalk uit ʼn laboratorium in China gelek.

The Wall Street Journal het Dinsdag berig volgens ʼn verslag oor die oorsprong van Covid-19 deur ʼn Amerikaanse regeringslaboratorium is die hipotese, naamlik dat die virus uit ʼn laboratorium in Wuhan versprei het, wel geloofwaardig.

Luidens die berig is die verslag in Mei verlede jaar deur die Lawrence Livermore-laboratorium in Kalifornië opgestel en deur die Amerikaanse departement van buitelandse sake gebruik toe dit ʼn ondersoek na die pandemie se oorsprong in die laaste maande van die Trump-administrasie gedoen het.

Die verslag is opnuut in die soeklig nadat pres. Joe Biden Amerikaanse intelligensieagentskappe verlede week opdrag gegee het om binne drie maande verslag te doen oor hoe die virus versprei het. Die verslag moet uitstippel of die virus van diere afkomstig is, of weens ʼn laboratorium-voorval begin versprei het.

Volgens Biden is verskillende departemente verdeeld oor die twee moontlike bronne van die virus. Twee groepe glo die virus het natuurlik versprei en ʼn derde glo dit is uit die Wuhan-instituut afkomstig.

Biden se opdrag word bestempel as ʼn verskerping van toenemende omstredenheid oor hoe die virus aanvanklik na vore gekom het: Deur kontak met diere by ʼn mark in Wuhan, of deur die ontsnap van die koronavirus uit ʼn hoogs beveiligde navorsingslaboratorium in dieselfde stad.

Adam Schiff, voorsitter van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers se komitee oor intelligensie, het vroeër gesê Beijing is steeds besig om ʼn deursigtige en omvattende ondersoek van die feite en data oor die oorsprong van die koronavirus te verhinder, en dat dit die werk vertraag wat die wêreld sal help om beter op ʼn volgende moontlike pandemie voor te berei.

Die teorie dat die virus uit ʼn laboratorium gekom het, word veral deur Republikeine gebruik om van die VSA se voorste wetenskaplikes – onder wie dr. Anthony Fauci, die hoof van die VSA se nasionale gesondheidsinstituut – aan te val.

Fauci word veral deur konserwatiewes daarvan beskuldig dat hy die uitlek-teorie onderspeel, gedeeltelik om die goeie naam van die instituut te help beskerm.

In antwoord op ʼn vraag daaroor of die virus doelbewus gemaak is om as bio-wapen te gebruik, het ʼn Withuis-woordvoerder die afgelope week gesê niks kan in hierdie stadium uitgeskakel word nie.

The Wall Street Journal het vroeër ook berig luidens ʼn Amerikaanse intelligensieverslag is drie amptenare van die Wuhan-instituut vir Virologie in ʼn hospitaal opgeneem net ʼn maand voordat Beijing die bestaan van ʼn geheimsinnige uitbreking van longontsteking bevestig het.

Twee uiteenlopende teorieë

Daar is aanvanklik gesê die virus het sy oorsprong in vlermuise en is waarskynlik deur ʼn tussenganger-spesie na mense oorgedra. Die teorie is aan die begin van die pandemie redelik gemaklik aanvaar, maar mettertyd – en nadat wetenskaplikes nog nie ʼn virus in óf vlermuise óf ander diere gevind het wat soortgelyk is aan die genetiese afdruk van SARS-CoV-2 nie – het al hoe meer vrae begin ontstaan.

Fauci het die afgelope week ʼn beroep op China gedoen om die mediese rekords bekend te maak van nege mense wie se siekte belangrike leidrade kan verskaf oor die kwessie of Covid-19 uit ʼn laboratorium gelek het. Die rekords hou verband met die drie navorsers wat in November 2019 siek geword en in die hospitaal opgeneem is, asook dié van ses mynwerkers wat in 2012 siek geword het nadat hulle ʼn vlermuisgrot binnegegaan het.

Wetenskaplikes van die Wuhan-laboratorium het die grot besoek om monsters te neem. Drie van die mynwerkers het later gesterf.

Shi Zhengli, die instituut se voorste kenner oor koronavirusse, het vantevore ontken dat daar enige infeksies by die laboratorium was. Dit is ʼn bewering wat Fauci nie ontken het nie. Hy het wel gesê dit behoort verder ondersoek te word.

“Ek wil graag die mediese rekords sien van die drie mense wat luidens berigte in 2019 siek geword het,” het Fauci volgens Financial Times gesê.

“Het hulle werklik siek geword en indien wel, waarvan?

“Dieselfde geld vir die mynwerkers wat siek geword het. Wat sê die mense se mediese rekords? Was daar ʼn virus in daardie mense? Wat was dit? Dit is heeltemal denkbaar dat die oorsprong van SARS-CoV-2 in daardie grot was en dat dit natuurlik begin versprei het, of deur die laboratorium versprei is.”

Hoewel die sterftesyfer weens Covid-19 op sowat 3,7 miljoen staan, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gesê tot drie keer meer mense het regstreeks of onregstreeks weens die pandemie gesterf as wat amptelike syfers aandui.

Bykomende bron: AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Genis ·

En toe slag hulle vir Trump toe hy die WHO aangevat het…. en werk hom uit….

Charles ·

Adam Schiff, met hom aan die hoof van die ondersoek, kan hulle dit maar eerder los.

Buks ·

Toe trump so së was hy mal,… Nou datbiden so sê is dit die waarheid?

Mrs H ·

Biden gaan maar net die krediet probeer neem wat aan Trump behoort, deur te bevestig wat Trump reeds gedoen het, nes baie ander dinge se suksesse wat deur Trump geskep is. As Biden na die doller se waarde kyk vandat hy op kantoor is, moet hy liewer sy van na “Bye-then” verander.

Thom ·

Siestog ___ trompie het gesê dat die virus nie bestaan nie __ die vergeet ? En Biden het in 4 maande reeds meer VIR DIE VSA bereik as trompie in 4 jaar .

Fedup ·

Oh please jellytot. You are such a hypocrite. If the world only knew the real truth about you and flip-flop.
I would just love to go and get that evidence myself.
Exposing all of you to the world, will be satisfying.

Elize ·

Julle gaan nooit die waarheid uit die skelm Chinese kry nie

Fritz ·

n Virus wat net 0.04% van die wêreld se bevolking oor 18 maande kon doodmaak, is beslis nie n bio-wapen nie. Nie eens naastenby nie. Of dit was n eerstejaar student se powere poging.

Anoniem ·

Maar dalk net erg genoeg om die wêreld in chaos te omskep.

Karel Kobus Kruger ·

Jip. As daar nou een ding is wat homo sapiens goed kan doen, dan is dit om te oorreageer. So om chaos te veroorsaak, verg nie veel nie.

Pieter ·

Die chinese is kommuniste soos hulle anc broers. Al wat hulle gaan doen en reeds doen is om als te ontken. Dit is hoe sleg n kommunis is bring my n kommunis wat sal erken as hy n vout gemaak het.

Sarel ·

Mag ek ….” Chemiese Oorlogvoering” vraag nie stelling nir

Mrs H ·

Daar is nie verniet n dokter van hierdie lab vermoor toe hy die wereld wou waarsku nie. Natuurlik kom dit uit hul lab. Niemand sê natuurlik niks van die vermoorde dokter nie, want sy familie en kennise is almal seker met die dood gedreig as hulle iets se. Waarvoor scrum die Chinese dan nog so om ondersoeke te belemmer? Buitendien, daar is nooit net drie mynwerkers in n myn nie – ironies dat net die drie siek geword en gesterf het, is dit nie?…. Ja asb, ons wil graag meer gedetaileerde informasie van hierdie spesifieke myn werkers he, wat ek nie glo bestaan nie / of van ander redes om gekom het. Dit sal net bewys dat die Chinese soos ouder gewoonte “Pokerface” speel. ….sukkel China huidiglik met Covid gevalle?

Kokerboom ·

Vraag bly: Wat is werklik die doel agter alles? Sal ons ooit weet?

koos10 ·

Soos Pinky and the Brains gesê het: “To take over the world”.

Anoniem ·

Die wêreld is geregtig daarop om die waarheid te weet, die volle waarheid en niks minder as die volle waarheid nie. Ek twyfel egter of ons dit ooit sal weet, daarvoor is die wêreld te korrup en vol leuens. ‘n Geheim is net ‘n geheim wanneer 1 persoon van iets weet, sodra 2 of meer weet, kan dit uitgesnuffel word.

Bertus ·

Snaaks ne, dat niemand nou skielik onthou dat Trompetkop die bestaan van die virus ONTKEN het? Korter geheues as Biden lyk dit my.

dr. Petronella ·

Van die feite in die berig is nie korrek volgens baie Republiekeinse Amerikaanse nuusagentskappe nie.
Ek het al vroeg in 2020 uit Amerika verneem dat oud-President Trump beweer het dat dit uit die Wuhan laboratorium kom. Daar was ook n verslaggewer wat n studie hieroor en oor die vrouedokter wat aan die ontwikkeling vd virus gewerk het, berig het. Hy het n studie daaroor gedoen en selfs video’s van haar toesprake in China vertoon. Pres. Trump was reg!! Sover ek bewus is, het Biden Trump se ondersoek laat stopsit. Nou lees ek op Maroela dat hy ewe skielik weer opdrag tot n ondersoek gegee het!! Schiff is n ultra linkse en van hom kan absoluut niks goed kom nie. Die hele spul ultra linkse demorats is kop in een mus met China se Kommunistiese regering. Luister na en lees eerder die Republiekeinse media vir nuus wat waar is!

Michael ·

As die VSA nou se dat daardie Covid-19 virus uit `n laboratorium in Wuhan kom, dan verwag ek van die VSA dat hulle vir die wereld verduidelik waar die vigs virus vandaan kom.

Josua ·

Wil Biden nou al die krediet op homself neem, ons weer reeds van laas jaar al af waar die virus ontstaan het, TRUMP het dit aan die wereld bekend gemaak so die inligting is niks nuuts nie. Wat my egter wel pla is, hoe vinnig het die Chinese die virus gestop??? Trump het ook die vraag laas jaar gevra, dit het by hulle begin maar verloor die minste mense so wat het hulle geweet wat die wereld vandag nog opsoek is na maskers, sanitering, sosiale afstand is beslis nie die antwoord daarop nie dit is wat hulle die wereld wou wysmaak. Met hul oorbevolkte populasie moes honderde duisende van hul mense gesterf het MAAR HET NIE!!! het hulle dalk vooraf geweet van Ivermectin en die mense aan hul neuse rond gely en stil gehou? dit is wat ondersoek moet word, die studies van sukses is reeds daar asook die veiligheid daarvan want dit word al vir jare lank deur mense op plase ens gebruik en daar is nog geen aantekening van enige sterftes nie. Hoe lank is die inenting op die RAK?????

Johan D ·

So dit lyk vir my al meer of die “Orange man”, Trompie, toe al die tyd reg was!

VaalDonkie ·

Hulle het al in 2019, maande VOOR die “lockdown” al begin fluister oor ‘n griep of iets wat uit ‘n laborotorium in China ontsnap het. 2020 was maar net ‘n reuse poging om ons te laat vergeet daarvan. Dit het nie gewerk nie. Want ek het dit in desember 2019 al gehad en dadelik geweet dis daai “nuwe griep van China af” want ek was baie sieker as wat die griep my gewoonlik maak.

Miskruier ·

Ivermektien werk, moenie dat ons hieroor stil gemaak word nie.

DIABLO ·

Ek sê al van dag een af, dat hierdie n mensgemaakte virus is. Ontwerp vir biologiese oorlog. Die virus bestaan al vir duisende jare. Daar is selfs monsters gevind in mummies. Maar dit was nooit n plaag soos byvoorbeeld “The Black Plague”nie. Hierdie virus is versterk in a laboratorium. Sjina is oorbevolk. Hulle soek grond. Dit doen hulle deur aan derde wêreld lande groot somme geld te leen wat hulle weet die land nie sal terug betaal nie. Voorts, kernwapens is nie doeltreffend nie, want die land word onbegaanbaar vir n baie lang tyd. Wat beter as n virus om mense uit te moor en dan eventueel die land oor te neem?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.