Covid-19 in Amerika: ‘100 000 tot 200 000 kan sterf’

Pres. Donald Trump. Foto: (AP Photo/Patrick Semansky)

Tussen 100 000 en 200 000 Amerikaners kan uiteindelik weens die Covid-19-uitbreking sterf, het die Amerikaanse regering se voorste kenner van aansteeklike siektes Sondag gewaarsku.

Dr. Anthony Fauci, direkteur van die Amerikaanse nasionale instituut vir allergieë en oordraagbare siektes, het gesê daar kan ook meer as ʼn miljoen positiewe gevalle in die land wees.

Pres. Donald Trump het intussen Sondag aangekondig dat hy die landwye sosiale distansiëring-riglyne vir nog 30 dae sal uitbrei.

Die riglyne raai groepbyeenkomste van meer as 10 mense af en moedig ouer mense en mense met bestaande gesondheidsprobleme aan om tuis te bly. Mense word versoek om, waar moontlik, van die huis af te werk en om restaurante, kroeë, nienoodsaaklike reise en nienoodsaaklike inkopies te vermy.

Dr. Anthony Fauci. Foto: (AP Photo/Alex Brandon)

Amerika het teen Sondagaand meer as 140 000 Covid-19-gevalle en meer as 2 400 sterftes gehad, aldus die John Hopkins University se statistieke. Wêreldwyd is daar reeds meer as 720 000 gevalle en amper 34 000 sterftes.

In New York het die Covid-19-dodetal tot meer as 1 000 gestyg. Hoewel die VSA die meeste Covid-19-gevalle het, is die dodetal in Italië, Spanje, China, Iran en Frankryk steeds hoër.

Italië het Sondag nog 750 sterftes aangeteken wat beteken amper 10 800 mense is reeds dood. Dit blyk egter dat die aantal nuwe infeksies geleidelik afneem met 5 200 nuwe gevalle wat in die afgelope 24 uur aangemeld is, die laagste getal in vier dae. Italië het amper 98 000 bevestigde Covid-19-gevalle.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Michael 1

Die VSA is gelukkiger as ons in baie opsigte soos n regte President, bevoegde regering kapitaal om hulle mense by te staan n regte weermag en polisie om imperking doeltreffend te implementeer, en as dit so by hulle gaan kan ek net dink hoe dit hier gaan lyk in Mei/Junie.

Jan

Ek dink hulle is te pessimiaties in china is die ekonomie alreeds op dreef en fabrieke werk weer…

Andre

Trump is maar net nog ‘n Zuma in ‘n ander gewaad. Hou ook van buite egtelike verhoudinge, maak beloftes wat hy nie hou nie, kraak ander mense af, korrup…ens, ens.

Estelle

Die duister magte van die wereld haat Trump omdat hy pro-lewe is en pro-Israel is. Lank lewe Trump. Mag God hom seen. Ons het almal al verkeerde dinge gedoen in ons lewe. Gelukkig is God genadig en vergewe ons as ons dit bely.